Die Mars-wetenskaplaboratorium (Engels: Mars Science Laboratory, MSL) is ’n ruimteverkenningsending van Nasa na Mars wat op 26 November 2011 gelanseer is en die Curiosity-verkenningstuig op 6 Augustus 2012 suksesvol in die planeet se Gale-krater laat land het.NASA – Mars Science Laboratory, the Next Mars Rover

Die oorhoofse doelwitte sluit in om ondersoek in te stel na Mars se bewoonbaarheid, sy klimaat en geologie te bestudeer en data in te samel vir ’n bemande sending na die planeet. Daar is ’n verskeidenheid wetenskaplike gereedskap aan boord wat deur ’n internasionale span ontwerp is.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mars Kategorie:Ruimteverkenning