Gale is ’n krater op Mars naby die noordwestelike deel van die Aeolis Palus.USGS Gazetteer of Planetary Nomenclature. http://planetarynames.wr.usgs.gov/nomenclature/Feature/2071. Dit is 154 km in deursnee en die ouderdom daarvan word op sowat 3,5-3,8 miljard jaar geraam. Die krater is genoem na Walter Frederick Gale, ’n amateur-sterrekundige uit die 19de eeu van Sydney, Australië.
Aeolis Mons is ’n berg in die middel van Gale; dit is sowat 5,5 km hoog. Aeolis Palus is die vlakte tussen die noordelike wal van Gale en die noordelike voetheuwels van Aeolis Mons. Peace Vallis loop van die kraterheuwels na die Aeolis Palus daaronder en lyk of dit uitgekerf is deur vloeiende water.
Die Nasa-verkenningstuig Curiosity het op 6 Augustus 2012 daar naby geland. Na meer as 'n dekade verken Curiosity steeds Aeolis Mons en omliggende gebiede.
Eienskappe ’n Buitengewone eienskap van Gale is ’n enorme heuwel van sediment wat sowat 5,5 km bo die noordelike kratervloer en sowat 4,5 km bo die suidelike kratervloer uitstyg. Die sediment kon oor ’n tydperk van 2 miljard jaar daar gestort gewees het. Die oorsprong van die heuwel is nie bekend nie, maar navorsing dui daarop dat dit oorblyfsels is van sedimentlae wat die krater eens volledig gevul het. Dit word egter betwis.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Oppervlakkenmerke van Mars Kategorie:Kraters