Aeolis Mons of Berg Aeolis, informeel bekend as Mount Sharp, is ’n berg op die planeet Mars. Dit vorm ’n piek binne die Gale-krater en is sowat 5,5 km hoog.
Die verkenningstuig Curiosity het op 6 Augustus 2012 naby die voet van Aeolis Mons geland. Dit het in Junie 2013 ’n reis van 8 km na die voet van die berg begin. Dit sou ’n jaar neem en stilhouplekke insluit om die plaaslike terrein te verken.
Op 11 September 2014 het Nasa aangekondig dat Curiosity die berg bereik het. Dit sou daar meer oor die planeet se geskiedenis probeer uitvind. Na 13 jaar of 4800 Marsdae (d.i. 2025) was Curiosity egter steeds operasioneel, nadat dit die lewensduurte van die aanvanklik beplande wetenskapsending van twee jaar ver oortref het.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Berge Kategorie:Oppervlakkenmerke van Mars