Mentoehotep II (ook bekend as Montoehotep of Mentuhetep) was ’n farao van die 11de Dinastie van Antieke Egipte. Hy was die bekendste van al die konings met die naam Mentoehotep. Hy was een van die grootste leiers van die Middelryk en het altesaam 51 jaar lank regeer.

Bewind Mentoehotep het baie oorloë gevoer, maar veral met die 10de Dinastie van Herakleopolis. Hy het hulle eindelik verslaan en so Bo- en Benede-Egipte weer verenig. Hy het oorlogsekspedisies teen Nubië, Libië en Sinai gelei en nuwe handelsbetrekkinge met Poent gesluit.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in 2013 v.C.