Klas 36 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik word vir rangeerwerk. Dit is ontwerp as 'n Bo-Bo (twee 2-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as). Die 36-000 reeks is deur General Electric gebou vanaf 1975. Hulle is toegerus met 'n vierslag V8 turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en vier traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is tipe SG10B genoem deur die vervaardiger en het 'n maksimum veilige snelheid van 100 km/h. Hulle doen diens in KwaZulu-Natal en die ou Wes-Transvaal. Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1st ed.). Kaapstad: Struik. pp. 142–143. .
Al die lokomotiewe in die klas beskik oor dinamiese remme en tussen-draaistel beheerskakels.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine