Die Klas GG Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is met 'n uitleg van . Dit was die enigste Garratt-stoomlokomotief wat ontwerp was om diens te doen op passasiersdienste en wel op die Union Limited- en Union Express-lyne.

Vervaardiger Beyer, Peacock het een lokomotief, nommer 2290, afgelewer in 1925. Die lokomotief het 'n plaatraam gehad, 'n Belpaire vuurkas, toegerus met Walschaerts-klepratwerk en gebruik oorverhitte stoom. Dit kon die maksimum wettige spoed van die SAS&H van 55 m.p.u. bereik maar aangesien dit slegs twee voorwiele gehad het (vier was die norm) was dit wankelrig teen hoë snelhede en is in 1947 onttrek.

Die Klas GG 2-6-2+2-6-2 Dubbel Prairie-tipe Garrattlokomotief was 'n ontwikkeling uit die Klas GB, wat ontwerp is vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë met groot dryfwiele vir vinnige passasiersdiens op hooflynroetes.

Eienskappe Om koste laag te hou, is die silinders nie vergroot om te vergoed vir die vergrote wieldeursnee nie, met die gevolg dat sy trekkrag swakker was as dié van die Klas 15CA wat 'n jaar later in gebruik gestel is op dieselfde lyn.

Die Garratt kon egter 'n vrag van 1 265 ton teen 'n 1 in 80 helling baasraak, en kon 345 ton binne slegs 62 minute uittrek teen die 1 in 40 helling van die Hexrivier-spoorwegpas (24 km) sonder die hulp van 'n stootlokomotief.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine