Vir die rolprent, sien Vrou Soek Boer.
Boer Soek ‘n Vrou is 'n werklikheidsreeks op KykNET, DStv kanaal 144. Dit is gebaseer op die internasionale "Farmer Wants A Wife".
Deur 14 seisoene het die reeks al ses aanbieders gehad, Elma Postma, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Minki van der Westhuizen, Leah en huidige aanbieder, Marciel Hopkins. In April 2022 kondig KykNET aan dat Marciel vir die derde jaar in 'n ry as aanbieder sal aanbly vir die reeks se 15de seisoen.
Die boere vir die program word uit honderde aansoeke gekies en dan aan die publiek bekendgestel in 'n spesiale program op KykNET vroeër die jaar. Enkellopendes kry dan die kans om 'n romantiese liefdesbrief vir die boer van hul keuse te stuur. Gebasseer op die briewe wat die boere ontvang, kies hulle 10 potensiële lewensmaats wat hulle graag beter wil leer ken op die program.
Daar is geen prysgeld of troue te wen op Boer Soek 'n Vrou nie. Die program skep slegs 'n geleentheid vir boere om ander enkellopendes te ontmoet waaruit moontlike vriendskappe of romanse kan ontstaan.
In die verlede is Boer Soek 'n Vrou vanaf Oktober tot Januarie uitgesaai, maar weens die Covid-19-pandemie is Reeks 13 se produksie vertraag en word die seisoen eers vanaf Januarie 2021 uitgesaai.
Boer Soek 'n Vrou is een van KykNET se gewildste programme.
Episodes
Reeks 1 (2008) Reeks 1 van Boer Soek 'n Vrou, aangebied deur Elma Postma, is van Dinsdag 30 September 2008 tot 23 Desember 2008 op KykNET uitgesaai.
Reeks 2 (2009) Reeks 2 van Boer Soek 'n Vrou is van Vrydag 17 Julie 2009 tot 9 Oktober 2009 op KykNET om 20h30 uitgesaai.
Aangebied deur Elma Postma
Reeks 3 (2010) Reeks 3 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 16 September 2010 tot 9 Desember 2010 op KykNET om 20h30.
Aangebied deur Elma Postma.
Reeks 4 (2011) Reeks 4 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 18 Augustus 2011 tot 10 November 2011 op KykNET om 20h30.
Reeks 4 is die eerste seisoen wat nie deur Elma Postma aangebied word nie. Angelique Gerber neem oor as aanbieder.
Reeks 5 (2012) Reeks 5 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 4 Oktober 2012 tot 27 Desember 2012 op KykNET om 20h30.
Aangebied deur Angelique Gerber.
Reeks 6 (2013) Reeks 6 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 3 Oktober 2013 tot 26 Desember 2013 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Angelique Gerber. Reeks 6 is ook die laaste wat deur Angelique aangebied word.
Reeks 7 (2014) Reeks 7 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 9 Oktober 2014 tot 1 Januarie 2015 op KykNET om 20h00.
Nadia Beukes neem oor as aanbieder.
Reeks 8 (2015) Reeks 8 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 1 Oktober 2015 tot 24 Desember 2015 op KykNET om 20h30.
Aangebied deur Nadia Beukes. Reeks 8 is ook die laaste om deur Nadia aangebied te word.
Die reeks saai hierdie seisoen hul 100ste episode uit.
Reeks 9 (2016) Reeks 9 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 20 Oktober 2016 tot 12 Januarie 2017 op KykNET om 20h30.
Minki van der Westhuizen neem oor as aanbieder.
Reeks 10 (2017) Reeks 10 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 12 Oktober 2017 tot 25 Januarie 2018 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Minki van der Westhuizen. Reeks 10 is ook die laaste om deur Minki aangebied te word.
Reeks 11 (2018) Reeks 11 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 18 Oktober 2018 tot 10 Januarie 2019 op KykNET om 20h00.
Leah neem oor as aanbieder.
Reeks 12 (2019) Reeks 12 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 17 Oktober 2019 op KykNET om 20h00
Aangebied deur Leah. Seisoen 12 is ook die laaste om deur Leah aangebied te word.
Vanjaar het geen vroulike boer die ranglys gehaal nie, maar vir die eerste keer in die geskiedenis van die reeks neem 'n gay boer deel.
Reeks 13 (2020) Reeks 13 van Boer soek 'n Vrou begin Donderdag 21 Januarie 2021 op KykNET om 20h00.
Vanjaar se boere is almal opsoek na vroulike pasmaats en geen vroulike boer haal die ranglys nie. Anders as tevore gaan voornemende pasmaats nie handafgelewerde briewe of pakkies vir die boere kan stuur nie en sal slegs digitale inskrywings, wat ook deur 'n video vergesel kan word, word aanvaar.
Marciel Hopkins neem oor as aanbieder.
Reeks 14 (2021) Reeks 14 van Boer soek 'n Vrou begin 13 Januarie 2022 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Marciel Hopkins.
Reeks 15 (2022) Reeks 15 van Boer soek 'n Vrou begin 3 Julie 2022 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Marciel Hopkins.
Reeks 16 (2023) Reeks 16 van Boer soek 'n Vrou begin 29 Oktober 2023 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Marciel Hopkins. Seisoen 16 is ook die laaste om deur Marciel aangebied te word.
Reeks 17 (2024) Reeks 17 van Boer soek 'n Vrou begin op 29 Oktober 2024 op KykNET om 20h00.
Reandi Grey neem oor as aanbieder.
Internasionaal Lande waar die program uitgesaai word: Land Naam Sender Taal Aanbieder Sedert Webwerf The Farmer Wants a Wife Nine Network Engels Natalie Gruzlewski 24 Oktober 2007 Webwerf Boer zoekt Vrouw VTM Nederlands Dina Tersago Maart 2004 Webwerf Фермер търси женаFermer tyrsi jena Nova Television Bulgaars Aleks Surchajieva 2011 Bonde søger brud Kanal 4 Deens Anne-Dorte 2006 Bauer sucht Frau RTL Duits Inka Bause 2 Oktober 2005Webwerf Land und Liebe NDR Duits Yared Dibaba 2005Webwerf Maamees otsib naist Kanal 2 Estnies Krista Lensin Mei 2007 Webwerf Maajussille morsian MTV3 Fins Miia NuutilaMia Halonen 26 Maart 2006 Webwerf L'amour est dans le pré M6 Frans Véronique MounierAlessandra SubletKarine Le Marchand 8 September 2005 Webwerf Αγρότης μόνος ψάχνειAgrótis mónos psáchnei Alpha TV Grieks Sissy Christidou 2009 Webwerf Házasodna a gazda RTL Klub Hongaars Lilu 29 Junie 2012 Webwerf Il contadino cerca moglie Fox Life Italiaans Simona Ventura 2015 L'amour est dans le pré V Frans Marie-Ève Janvier 29 Januarie 2012 Webwerf Ljubav je na selu RTL Kroaties Lorena NosićMarijana Batinić 2009 Webwerf Ūkininkas ieško žmonos TV3 Litaus Nijolė Pareigytė 26 April 2011 Webwerf Boer zoekt Vrouw Nederland 1 Nederlands Yvon Jaspers 21 November 2004 Webwerf Jakten på kjærligheten TV2 Noors Marthe Sveberg 24 Augustus 2004 Webwerf Bauer sucht Frau ATV Duits Katrin Lampe 2005 Webwerf Rolnik szuka żony TVP1 Pools Marta Manowska 21 Mei 2014 Webwerf Fermier. Caut nevastă Prima TV Roemeens Luana Ibacka 12 Maart 2009 Domaćine, oženi se Prva Serwies Tijana Čurović 2010, 15 October Webwerf Ljubezen na seniku / Ljubezen na deželi TV3 Slovenia Planet TV Sloweens Saša Lendero 18 April 2011 / herfs 2013 Webwerf Farmár hľadá ženu TV JOJ Slowaaks Aneta Parišková 2010 Webwerf Boer soek 'n Vrou KykNet Afrikaans Marciel Hopkins (mees onlangse) 30 September 2008 Webwerf Granjero busca esposa Cuatro Spaans Luján Argüelles 12 Januarie 2009 Webwerf Bonde söker fru TV4 Sweeds Linda Lindorff 2006 Webwerf Bauer, ledig, sucht... 3+ Duits Marco Fritsche 2008 Webwerf Farmář hledá ženu TV Prima Tsjeggies Laďka Něrgešová 2010 Webwerf Фермер шукає дружинуFermer shukaye druzhynu STB Oekraïns Irina Borisyuk 30 September 2011 Webwerf Farmer Wants a Wife The CW Fox Engels Matt Neustadt 30 April 2008 Maart 2023Webwerf
Eksterne skakels Facebook-blad Twitter-blad
Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiereekse