Oliver Burgess Meredith was 'n Amerikaanse akteur en komediant. Hy is bekend vir sy rol as "The Penguin" in die TV-reeks Batman (1960's) en as Mickey Goldmill in sommige van die Rocky-rolprente. Hy het twee Saturn-pryse (in 1978 en in 1981) en verskeie Emmy-pryse oor sy loopbaan ontvang.

Meredith is op 16 November 1907 in Cleveland, Ohio gebore en studeer aan die Hoosac Skool en die Amherst Kollege.Burgess Meredith genealogy deur Robert Battle op freepages.rootsweb Hy trou in 1933 met Helen Derby, maar skei van haar in 1935. In 1936 trou hy met Margaret Perry, maar skei weer in 1938. Hy was ook van 1944 tot 1949 met Paulette Goddard getroud. Daarna trou hy 'n laaste keer in 1950 met Kaja Sundsten. Hy is op 9 September 1997 op 89-jarige ouderdom in Malibu, Kalifornië aan Alzheimer en melanoom oorlede.

duimnael|links|Meredith in Februarie 1938

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1907 Kategorie:Sterftes in 1997 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu