Cesar Romero (15 Februarie 1907 – 1 Januarie 1994) was 'n Amerikaanse akteur en komediant van Kubaanse afkoms. Romero maak sy debuut as akteur in 1933 as Tony Rico in die rolprent The Shadow Laughs en speel vervolgens in meer as honderd ander films. Daarnaas het hy ook rolle in verskeie TV-reekse vertolk, onder andere as die "Joker" in Batman. Hy is in 1963 vir 'n Golden Globe genomineer vir sy rol as Robert Swan in die komedie If a Man Answers. In 1960 word 'n ster vir hom op die Hollywood Walk of Fame aangebring.

Biografie Cesar Julio Romero, Jr. is op 15 Februarie 1907 in New York Stad gebore. Hy het nooit getrou nie. Romero is op 1 Januarie 1994 in Santa Monica, Kalifornië aan brongitis en longontsteking oorlede. Hy was 86 jaar oud.

Filmografie *Seleksie uit 100+ films The Right Way (1998) Skidoo (1968) Batman (1966)|Batman (1966) Marriage on the Rocks (1965) Donovan's Reef (1963) Ocean's 11 (1960) Around the World in Eighty Days (1956) Vera Cruz (1954) Lost Continent (1951) The Beautiful Blonde from Bashful Bend (1949) Julia Misbehaves (1948) Captain from Castile (1947) Orchestra Wives (1942) Tales of Manhattan (1942) The Little Princess (1939) Wee Willie Winkie (1937) Love Before Breakfast (1936) The Good Fairy (1935) The Thin Man (1934) The Shadow Laughs (1933)

TV-reekse * Eenmalige gasrolle word nie aangedui nie Falcon Crest – Peter Stavros (1985–1988, 51 episodes) Riptide – Angelo Guirilini (1985–1986, twee episodes) Berrenger's – Rinaldi (1985, drie episodes) Alias Smith and Jones – Armendariz (1971–1972, drie episodes) Julia – Bunny Henderson (1970, vier episodes) Batman – Joker (1966–1968, 22 episodes) 77 Sunset Strip – Lorenzo Cestari (1963, twee episodes) Zorro – Esteban de la Cruz (1959, vier episodes) Passport to Danger – Steve McQuinn (1954–1958, 28 episodes)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1907 Kategorie:Sterftes in 1994 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu