Die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (AGSA) is die bestuursliggaam van die aktuariële beroep in Suid-Afrika. Om professionele lidmaadskap tot die Genootskap te verkry, moet die voorgeskrewe eksamens van die Genootskap afgelê word. Voor 2010 is lidmaadskap verkry deur die eksamens van ander erkende aktuariële organisasies, soos die Instituut van Aktuarisse in Londen of die Fakulteit van Aktuarisse in Edinburg, te voltooi.http://www.maties.com/afrikaans-newsletter/afrikaans-june-2011/afrikaans-afrikaans-actuarial-programme-awarded-highest-accreditation.html
AGSA bied drie professionele aanwysings aan: Vennoot van die Aktuariële Genootskap (AMASSA, Associate (Member) of the Actuarial Society of South Africa) Genoot van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (FASSA, Fellow of the Actuarial Society of South Africa) Geoktroieerde Bedryfsrisiko-aktuaris (CERA, Chartered Enterprise Risk Actuary)
Om as Vennoot of Genoot tot die Genootskap toegelaat te word, is 'n baccalaureusgraad, nie noodwendig in aktuariële wetenskap nie, 'n voorvereiste. Lede van die Genootskap wat as Vennoot of Genoot toegelaat is, mag hulself aktuaris noem. AMASSA of FASSA is voorvereistes om as CERA aangewys te word.
AGSA se professionle aanwysings word erken deur die Instituut en Fakulteit van Aktuarisse in die Verenigde Koninkryk ('n genootskap wat na die samesmelting van die Instituut van Aktuarisse in Londen en die Fakulteit van Aktuarisse in Edinburg in 2010 gevorm is), die Genootskap van Aktuarisse in Ierland, en die Instituut van Aktuarisse in Australië.
Benewens die Genootskap se professionele aanwysings, laat dit persone onder studente- of biblioteeklidmaatskap tot die Genootskap toe. Studentelidmaatskap is vir diegene wat die eksamens aflê, en biblioteeklidmaatskap is vir diegene wat nie beoog om as aktuaris te kwalifiseer nie, maar wat toegang tot die vaklektuur wat deur die Genootskap vrygestel word, wil hê.
Kursusse
Deel A1: Grondslag Tegnies
A101: Waarskynlikheid en wiskundige statistiek A102: Ekonomie A103: Finansies en finansiële verslaggewing
Deel A2: Intermediêr Tegnies
A201: Finansiële wiskunde A202: Modelle A203: Gebeurlikhede A204: Statistieke metodes A205: Finansiële ekonomie
Deel A3: Kernbeginsels
A301: Aktuariële risikobestuur A302: Kommunikasie
Indien aan die Genootskap se voorgeskrewe standaard voldoen word vir ekwivalente vakke aan A101 tot A302 by 'n tersiêre onderriginstelling, kan 'n kandidaat na die diskresie van die Genootskap van die aflê van hierdie eksamens vrygestel word.
Deel A3: Vennootskapsprofessionalismevaardighede
A401: Besigheidbewustheidmodule A402: Modeldokumentasie, -analise, en -verslaggewing A403: Vennootskapswerkplekvaardighede A404: Vennootskapsprofessionalismekursus
A401, A402, en A404 is bywoningskursusse wat formele assessering insluit. A403 is 'n geïntegreerde werkplekoorsigprogram.
Deel F1: Genootskapsbeginsels
F101: Gesondheidsorgbeginsels F102: Lewensassuransiebeginsels F103: Korttermynversekeringsbeginsels F104: Pensioen- en ander voordelebeginsels F105: Finansies- en belegginsbeginsels F106: Bedryfsrisikobestuur
Hierdie vakke kan ook as deel van nagraadse programme by geakkrediteerde universiteite afgelê word.
Deel F2: Genootskapstoepassings
F200: Navorsingskeuse F201: Gesondheidsorgtoepassings F202: Lewensassuransietoepassings F203: Korttermynversekeringstoepassings F204: Pensioen- en ander voordeletoepassings F205: Belegginstoepassings F210: Algemene praktykmodule
Deel F3: Genootskapsprofessionalismevaardighede
F303: Genootskapswerkplekvaardighede F304: Genootskapsprofessionalismekursus
F304 is 'n bywoningskursuss wat formele assessering insluit. F403 is 'n geïntegreerde werkplekoorsigprogram.
Geskiedenis
1948: Die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika hou hul inhuldigende vergadering op 22 Desember. 1966: Die SA 56-62 Sterftetafels word gepubliseer. 1972: Die eerste jaarlikse Konvensie word in Seepunt gehou. 1973: Tom Murray ontvang die eerste Murray-medalje. 1978: Die JSE-Aktuarisse-indeks word van stapel gestuur. 2001: Die eerste volume van die Suid-Afrikaanse Aktuariële Joernaal word gepuliseer. 2009: Die Suid-Afrikaanse aktuariële kwalifikasie word op 23 November ingestel. 2010: AGSA tree as gasheer op vir die Internasionale Kongres van Aktuarisse van 7 tot 12 Maart. Dit was die eerste keer dat die gebeurtenis in Afrika plaasvind.
Sien ook Aktuariële Praktykstandaarde en Raadgewende Praktyknotas
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika