Die 18de Dinastie (ook Dinastie XVIII geskryf; 1543–1292 v.C.) is waarskynlik die bekendste van al die dinastieë van Antieke Egipte. Dit het van die bekendste farao's gehad, onder andere Toetankamen, wie se graf in 1922 deur Howard Carter ontdek is en wêreldwyd ’n sensasie veroorsaak het.

Ander bekende farao's sluit in Hatsjepsoet (1479–1458 v.C.), die langs regerende vroulike farao van ’n plaaslike dinastie, Achenaten (1353–1336 v.C.), die "heidense" farao, en sy koningin, Nefertiti.

Die 18de Dinastie word dikwels saam met die 19de en die 20ste Dinastie beskou as die Nuwe Ryk.

Heersers Die farao's van die 18de Dinastie het sowat 250 jaar lank regeer (omstreeks 1543–1292 v.C.). Die bekendstes was:Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, Londen 2004

! scope=col width="25%" | 24px Farao ! scope=col width="30%" | 24px Troonnaam ! scope=col width="20%" | 24px Bewind ! scope=col width="25%" | 24px Graftombe

| Ahmoses I | Nebpehtire | 1549–1524 v.C

| Amenhotep I | Djeserkare | 1524–1503 v.C. | KV39? |- | Toetmoses I | Acheperkare | 1503–1493 v.C. | KV20, KV38 |- | Toetmoses II | Acheperenre | 1493–1479 v.C. | KV42? |- | Hatsjepsoet | Maatkare | 1479–1458 v.C. | KV20 |- | Toetmoses III | Mencheperre | 1479–1425 v.C. | KV34 |- | Amenhotep II | Acheperoere | 1425–1398 v.C. | KV35 |- | Toetmoses IV | Mencheperoere | 1398–1388 v.C. | KV43 |- | Amenhotep III | Nebmaatre | 1388–1350 v.C. | KV22 |- | Amenhotep IV / Achenaten | Neferkepherure-Waenre | 1351–1334 v.C. | Graftome van Achenaten |- | Smenchkare | Anchcheperoere | 1335–1334 v.C.

| Neferneferoeaten | Anchcheperoere | 1334–1332 v.C.

| Toetankamen | Nebcheperoere | 1332–1323 v.C. | KV62 |- | Ai | Chepercheperoere | 1323–1319 v.C. | KV23 |- | Horemheb | Djesercheperoere-Setepenre | 1319–1292 v.C. | KV57

Tydlyn

Verwysings

Eksterne skakels "Hatshepsut: from Queen to Pharaoh, an exhibition catalog from The Metropolitan Museum of Art" (aanlyn beskikbaar as pdf)

18

de:Neues Reich#18. Dynastie