Die 20ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XX geskryf) word saam met die 18de en die 19de Dinastie beskou as die tyd van die Nuwe Ryk. Dit was die laaste dinastie van dié ryk en is gevolg deur die Derde Oorgangstydperk.

Heersers Die farao's van die 20ste Dinastie het sowat 120 jaar lank regeer, van omstreeks 1187 tot 1064 v.C. Hulle was:Chronological Table for the Dynastic Period in Erik Hornung, Rolf Krauss & David Warburton (red.), Ancient Egyptian Chronology (Handbook of Oriental Studies), Brill, 2006

! scope=col width="20%" | 24px Farao ! scope=col width="40%" | 24px Troonnaam ! scope=col width="20%" | 24px Bewind ! scope=col width="20%" | 24px Graftombe

| Setnachte | Oeserchaoere | 1189 – 1186 v.C. | KV14 |- | Ramses III | Oesermaatre-Merjamoen | 1186 – 1155 v.C. | KV11 |- | Ramses IV | Oeser/Heqamaatre Setepenamoen | 1155 – 1149 v.C. | KV2 |- | Ramses V | Oesermaatre Secheperenre | 1149 – 1145 v.C. | KV9 |- | Ramses VI | Nebmaatre Merjamoen | 1145 – 1137 v.C. | KV9 |- | Ramses VII | Oesermaatre Setepenre Merjamoen | 1137 – 1130 v.C. | KV1 |- | Ramses VIII | Oesermaatre Achenamoen | 1130 – 1129 v.C.

| Ramses IX | Neferkare Setepenre | 1129 – 1111 v.C. | KV6 |- | Ramses X | Chepermaatre Setepenre | 1111 – 1107 v.C. | KV18 |- | Ramses XI | Menmaatre Setpenptah | 1107 – 1077 v.C. | KV4

Verval Die farao's van die 20ste Dinastie het gely weens gevegte om die troon onder die erfgename van Ramses III. Drie van sy seuns het byvoorbeeld die mag oorgeneem, as Ramses IV, Ramses VI en Ramses VIII. Daar was ook ’n reeks droogtes, ondergemiddelde oorstromings van die Nylrivier, hongersnood, burgerlike onrus en amptelike korrupsie – wat alles die mag van die farao ondermyn het. Die mag van die laaste koning, Ramses XI, was so swak dat die hoëpriesters van Amoen by Thebe in die suide die eintlike heersers van Bo-Egipte geword het, terwyl Smendes Benede-Egipte selfs voor Ramses XI se dood beheer het. Smendes sou eindelik die 21ste Dinastie by Tanis stig.Dodson, A., Hilton, D. The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson, ble. 185-186

Tydlyn

Verwysings

Eksterne skakels

20