Die 21ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XXI geskryf) word saam met die 22ste tot die 25ste Dinastie beskou as die land se Derde Oorgangstydperk.

Heersers Die bekende heersers van die 21ste Dinastie was:

! scope=col width="30%" | 24px Farao ! scope=col width="30%" | 24px Troonnaam ! scope=col width="20%" | 24px Bewind ! scope=col width="20%" | 24px Graftombe

| Smendes (Nesbanebdjed I) | Hedjcheperre-Setepenre | 1077 - 1051 v.C.

| Amenemnisoe | Neferkare-Heqawaset | 1051 - 1047 v.C.

| Pinedjem I (medeheerser) | Cheperkare-Setepenamoen | 1062 - 1039 v.C. | Deir el-Bahari

| Psoesennes I (Pasebchanoet I) | Acheperre-Setepenamoen | 1047 - 1001 v.C. | Tanis

| Amenemope | Oesermaetre-Setepenamoen | 1001 - 992 v.C. | Tanis |- | Osorkon die Ouere | Acheperre-Setepenre | 992 - 986 v.C.

| Siamoen | Netjercheperre-Merjamoen | 986 - 967 v.C.

| Psoesennes II (Pasebchanoet I) | Tjetcheperoere-Setepenre | 967 - 943 v.C.

Magsverdeling Ná die bewind van Ramses III van die 20ste Dinastie het die koninklike mag algaande afgeneem. Die farao's van die 21ste Dinastie het van Tanis af regeer, maar was hoofsaaklik bedrywig in Benede-Egipte. Bo-Egipte is in effek regeer deur die hoëpriesters van Amoen by Thebe. Volgens die Egiptiese historikus Manetho het die 21ste Dinastie 130 jaar geduur.Kenneth A. Kitchen, The Third Intermediate Period in Egypt (1100–650 BC), 3de uitg., 1986, Warminster: Aris & Phillips Ltd, bl. 531

Verwysings

Eksterne skakels

21