Ptolemeus V Epiphanes (bewind: 204–181 v.C.) was die vyfde koning van Antieke Egipte se Ptolemeïese Ryk. Hy was die seun van Ptolemeus IV Philopator en sy vrou, Arsinoe III, en het in 204 v.C. op vyfjarige ouderdom aan die bewind gekom ná sy pa se dood. ’n Reeks regente het die ryk lamgelê.

’n Opstand wat in 197 v.C. begin het, is wreed onderdruk; in sommige weergawes word Epiphanes self as ’n tiran beskryf. Die oorlog tussen noord en suid sou tot in 185 v.C. duur.

Op die broemde Rosettasteen en ander steles is Ptolemeus V se bewind in drie tale bevestig en is aangekondig dat hy ’n god geword het. Die Rosettasteen sou linguiste later help om Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer.

Sy oudste seun, Ptolemeus VI Philometor (181–145 v.C.), het hom as kind opgevolg onder die regenstakp van sy ma, Cleopatra I.

Verwysings

Bronne

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Geboortes in 210 v.C. Kategorie:Sterftes in 180 v.C.