Tefnoet of Tefenet was in die Egiptiese mitologie ’n godin van reën, vogtigheid, dou en vogtige lug.The Routledge Dictionary of Egyptian Gods and Goddesses, George Hart Sy is die suster en metgesel van die luggod, Sjoe, en die ma van Geb en Noet.
Haar naam beteken letterlik "daardie water" en word verbind met die Egiptiese woord vir "spoeg".http://henadology.wordpress.com/theology/netjeru/tefnut Volgens sommige weergawes van die skeppingsmite het Ra (of Atoem) haar uitgespoeg, en haar naam is in latere tekste geskryf as ’n mond wat spoeg.The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt, Wilkinson, page. 183
Anders as ander gode het Tefnoet geen enkele simbool gehad nie.
Mitologie Tefnoet is ’n dogter van die songod god Ra-Atoem. Sy was getroud met haar tweelingbroer, Sjoe. Daar is verskeie weergawes van die mite oor die skepping van Tefnoet en Sjoe. In alle weergawes word sy verbind met die een of ander vorm van liggaamsvloeistof. In die skeppingsmite van Heliopolis masturbeer Atoem om Tefnoet en Sjoe te maak:
Atoem het voortgeplant deur in Heliopolis te masturbeer. Hy het sy penis in sy hand geneem sodat hy daardeur ’n orgasme kon bereik. En die broer en suster is gebore – dit is Sjoe en Tefnoet. – Piramideteks 527
In sommige weergawes van die mite sluk Atoem sy semen in en spoeg dit uit in die vorm van die tweeling, of andersins veroorsaak sy spoeg die voortplanting. Die Kistekste bevat verwysings daarna dat Atoem Sjoe uitgenies en Tefnoet uitgespoeg het. Die Bremner-Rind-papirus en Memphis-teologie vertel dat Atoem in sy mond gemasturbeer en die semen uitgespoeg het in die vorm van die tweeling.
Uitbeelding Tefnoet is gewoonlik uitgebeeld as ’n vrou met die kop van ’n leeuwyfie as deel van die Ennead van Heliopolis. Soms is sy ook as ’n volle leeuwyfie uitgebeeld. Op haar kop het sy dikwels ’n pruik en ’n slang of sonskyf. Soms word sy saam met Sjoe uitgebeeld as ’n tweekoppige wese.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Egiptiese mitologie
ca:Llista de personatges de la mitologia #T