Chnoem was in die Egiptiese mitologie een van die vroegste gode, oorspronklik die god van die bron van die Nylrivier. Omdat die jaarlikse vloed van die Nyl die grond weer vrugbaar gemaak het, is geglo hy is die skepper van die liggame van menslike kinders, wat hy op sy pottebakkerswiel van klei gemaak en dit in vroue geplaas het.

Eienskappe duimnael|links|280px|Chnoem en die godin Heket, uit die Dendera-tempelkompleks in Dendara. Chnoem is die derde aspek van Ra. Hy is die god van hergeboorte, die skepping en soms die aandson, hoewel dit gewoonlik die funksie van Atoem was. Die plekke waar hy aanbid is, is beskou as heilig. Hy is soms saam met Anoeket en Satet aanbid as die bewaker van die bron van die Nyl. Kinders is dikwels na hom genoem, met die naam Chnoem-Choefwy – "Chnoem is my Beskermer". Dit was die volle naam van farao Choefoe (Cheops), die bouer van die Groot Piramide van Giza.Shaw, Ian. The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. 2000. Chnoem was ook verwant aan die god Min.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Egiptiese mitologie