duimnael|300px|Die vier seuns van Horus: van links Imsety, Doeamoetef, Hapi en Qebehsenoef.

Die vier seuns van Horus was in die Egiptiese mitologie ’n groep van vier gode wat die verpersoonliking was van die vier potte waarin mense se organe geplaas is wanneer hulle gemummifiseer is.Aufderheide, p. 258

Omdat die hart die versinnebeelding van die Egiptiese siel was, is dit binne-in die liggaam gelos.Germer, p. 462 Daar is verkeerdelik geglo die brein is die oorsprong van slymvlies en dit is dus weggegooi.Germer, pp. 460–461 Dit het die maag, lewer, groot ingewande en longe oorgelaat; dit is verwyder, gebalsem en elk in sy eie pot gestoor.

Beskermers

Die eerste verwysing na die vier seuns van Horus kom in die "Piramidetekste" voor,Assmann, p. 357 waarin hulle beskryf is as vriende van die koning wat hom gehelp het om met lere na die hemele te gaan. Omdat Horus hul pa was, is Isis, Horus se oorspronklike vrou, beskou as hul ma,Griffiths, p. 49 hoewel elke pot in die begrafnisritueel deur ’n ander godin beskerm is. (Net soos wat die seuns van Horus elk ’n pot beskerm het, is hulle op hul beurt elk deur ’n godin beskerm.)

In die klassieke uitbeelding van die vier seuns van Horus in die Middelryk was Imsety en Doeamoetef aan die oostekant van die doodskis, en Hapi en Qebehsenoef aan die westekant. Hulle is daarom ook met die windrigtings verbind.Lurker, p. 104

Imseti, in die vorm van ’n mens, was die beskermer van die lewer en is op sy beurt deur Isis beskerm. Dit lyk of sy rol was om die lyk weer lewendig te maak.Faulkner, pp. 520–523 Die Egiptiese Dodeboek vereenselwig Imseti met die suide. Hapi, in die vorm van ’n bobbejaan, het die longe beskerm en sy beskermer was Nephthys.O'Connor, p. 121 Die spelling van sy naam sluit 'n hiëroglief in wat vermoedelik met die stuur van 'n boot te doen het, hoewel die spesifieke aard daarvan onbekend is. Om dié rede is hy soms met navigasie verbind, hoewel vroeëre verwysings na hom van 'n naeler praat. Hapi is met die noorde verbind. Doeamoetef, in die vorm van ’n jakkals, het die maag beskerm en is weer deur Neith beskerm. Dit lyk of dit sy rol was om die dooie persoon te verheerlik, en sy naam beteken letterlik "hy wat sy ma verheerlik". Doeamoetef is met die ooste verbind.Budge, p. 240 Qebehsenoef, in die vorm van ’n valk, het die groot ingewande beskerm en is op sy beurt deur Selket beskerm.Aufderheider, p. 237Taylor, pp. 201ff Sy rol was vermoedelik om die afgestorwene te verfris; sy naam beteken letterlik "hy wat sy sibbes met koel water spuit". Dit lyk of daar 'n dubbele funksie by betrokke was: om te reinig en te verfris. Qebehsenoef is met die weste vereenselwig.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Egiptiese mitologie