Die G6 selfaangedrewe kanon is 'n Suid-Afrikaanse artilleriestuk, ontwikkel vanuit die G5-kanon. Dit is een van die kragtigste self-aangedrewe kanonne op 'n wielonderstel.

Bykomend tot die logistieke mobiliteit van 'n wielonderstel, is die G6 beskerm teen vyandige batteryvuur en in staat om homself te verdedig in 'n onversekerde gebied.

Die onderstel is mynbestand. Die G6 word in Suid-Afrika deur die Land Systems-afdeling van Denel vervaardig. Produksie het in 1987 begin.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Wapentuig