Die Komani Psigiatriese Hospitaal is 'n regeringsbefondsde psigiatriese hospitaal en rehabilitasiesentrum in Komani, (die voormalige Queenstown), Oos-Kaap in Suid-Afrika. Dit is geleë op 'n uitgestrekte terrein aan die suidekant van die dorp, langs die N6 na Cathcart.

Die hospitaalafdelings sluit in 'n rehabilitasiesentrum, apteek, teenretrovirale middelbehandeling vir MIV/vigspasiënte, posttraumaberading en was- en kombuisdienste.

Kategorie:Hospitale in Suid-Afrika