McDonnell Douglas F-15 Eagle is 'n Amerikaanse dubbelmotorige taktiese vegvliegtuig wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is spesiaal deur McDonnell Douglas (nou Boeing) ontwerp om lugoorheersing te verkry en te behou, en om luggevegte uit te voer. Dit is een van die suksesvolste moderne vegters, met meer as 100 luggevegoorwinnings. Nadat die voorstelle wat in 1967 ingedien is hersien is, het die Amerikaanse Lugmag McDonnell Douglas se ontwerpvoorstel aanvaar vir 'n toegewyde lugsuperioriteitsvegter. Die Eagle se nooiensvlug was in Julie 1972, en is in aktiewe diens sedert 1976.

Tegniese gegewens Item Statistiek Aantal motore 2 Tipe motor Straler met nabrander Bemanning 1 loods Vlerkspan 13,05 m Lengte 19,43 m Hoogte 5,63 m Maks. opstygmassa 30 845 kg Leë massa 12 700 kg Maksimumsnelheid: Mach 1,2 (by seevlak)Mach 2,5+ (op hoogte) Reikafstand 3 219 km Klimvermoë 254 m/s Brandstofkapasiteit 6 100 kg (aanboord)

Fotogalery

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Kategorie:Vegvliegtuie