Noet was in die Egiptiese mitologie die godin van die lug en ’n lid van die eerste gode van Heliopolis, die Ennead. Sy is dikwels uitgebeeld as ’n naakte vrou wat geboë oor die aarde staan,Mythology, An Illustrated Encyclopedia of the Principal Myths and Religions of the World, deur Richard Cavendish. , 1998 met ’n ster of as ’n koei.

Rol Noet was die dogter van Sjoe en Tefnoet. Haar broer, Geb, was ook haar metgesel. Hulle het vier kinders gehad: Osiris, Isis, Set, Nephthys. ’n Heilige simbool van Noet was ’n leer, wat deur Osiris gebruik is om haar hemelse lug binne te gaan.

Omdat sy Osiris help red het, is Noet beskou as die vriendin en beskermer van al die dooies. Daar is geglo sy het hulle in haar stergevulde lug opgetrek en vir hulle kos en wyn gegee."Papyrus of Ani: Egyptian Book of the Dead", Sir Wallis Budge, NuVision Publications, page 57, 2007, Die songod, Ra, het volgens sommige mites snags deur haar liggaan gereis en is soggens herbore.Hart, George Routledge dictionary of Egyptian gods and goddesses Routledge; 2 edition (15 Maart 2005) p.111 Books.google.co.uk

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Egiptiese mitologie