Lauren Bacall, die skuilnaam van Betty Joan Perske (16 September 1924 – 12 Augustus 2014), was 'n Amerikaanse model en aktrise. Bacall was reeds in die 1940's 'n mode-ikoon en was tot haar dood in die filmwese betrokke gewees. Sy was met Humphrey Bogart getroud en het in 'n paar rolprente saam met hom verskyn.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Bacall is veral bekend as die "leidende dame" in verskeie misdaad-dramas. In die genre verskyn sy in rolprente soos The Big Sleep (1946) en Dark Passage (1947). Sy het as komediant in How to Marry a Millionaire (1953) en Designing Woman (1957) opgetree. In 2005 sluit sy haar loopbaan af met 'n klein rol in Manderlay, 'n film van Lars von Trier.
In 1999 is Bacall deur die American Film Institute as een van die 25 grootste vroulike sterre van alle tye bekroon.
Sy is op 12 Augustus 2014 aan 'n ernstige beroerte by haar huis in New York Stad oorlede. Aktrise Lauren Bacall oorlede
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse modelle Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2014