duimnael|220px|Die streek Nubië vandag, met die katarakte van die Nyl aangedui. duimnael|220px|Nubiese farao's van die 25ste Dinastie.

Nubië is ’n streek aan die Nylrivier in die hedendaagse Noord-Soedan en Suid-Egipte. Dit was die tuiste van een van die vroegste beskawings van antieke Afrika, die Kermakultuur, wat van omstreeks 2500 v.C. bestaan het tot met sy verowering deur die Nuwe Ryk van Egipte onder farao Toetmoses I omstreeks 1500 v.C. Nubië het verskeie Afrikaryke gehuisves, waarvan die bekendste die Koninkryk Koesj is. Laasgenoemde staat het Egipte in die 8ste eeu v.C. verower tydens die bewind van koning Pije en het die land as die 25ste Dinastie regeer. Dit is ’n eeu later deur die inheemse Egiptiese 26ste Dinastie vervang.

Die verval van Koesj in die 4de eeu n.C. ná ’n bestaan van meer as duisend jaar is voorafgegaan deur ’n inval deur Ethiopië se Koninkryk Aksoem. Daarna het die Christelike koninkryke Nobatië, Makoerië en Alodië in sy plek ontstaan. Die twee laastes het ook omtrent ’n millennium lank bestaan. Hulle eindelike verval in die 16de eeu het gelei tot die verdeling van Nubië in die noordelike helfte, wat deur die Ottomaanse Ryk verower is, en die suidelike helfte, wat deur die Sennar-sultanaat oorgeneem is – asook die vinnige islamisering en gedeeltelike arabisering van die Nubiese volk. Nubië is in die 19de eeu herenig. Vandag is die streek tussen Egipte en Soedan verdeel.

Die naam "Nubië" is afgelei van die Noba-volk, wat hulle in die 4de eeu in die streek gevestig het met die val van Meroë.

Linguistiek Die Noba-volk was nomades wat ’n Nyl-Saharataal gepraat het waaruit Oud-Nubies ontstaan het. Oud-Nubies is hoofsaaklik in godsdiensgeskrifte gebruik wat van die 8ste en 15de eeu dateer. Voor die 4de eeu, en deur die klassieke oudheid, was Nubië bekend as Koesj, of in Klassieke Grieks Aithiopia (Αἰθιοπία).

Die volke van Nubië het histories minstens twee variante van die Nubiese taalsubfamilie in die noordelike deel van die Nubaberge in Suid-Kordofan gepraat. Tot minstens 1970 is Birgid noord van Nyala in Darfoer gepraat, maar dit het uitgesterf. Die tale van die Kermakultuur van Suid- en Sentraal-Nubië (ook bekend as Bo-Nubië) is egter onseker. Sommige glo dit behoort tot die Koesjitiese tak van die Afro-Asiatiese tale, terwyl onlangser navorsing aandui die Kermakultuur het tot die Oos-Soedannese tak van die Nyl-Saharatale behoort, en dat ander volke van Noord-Nubië (of Benede-Nubië) noord van Kerma Koesjitiese tale gepraat het voor die verspreiding van Oos-Soedannese tale uit Suid-Nubië.

Geografie Nubië is in drie hoofstreke verdeel: Bo-, Middel- en Benede-Nubië, met verwysing na hulle ligging aan die Nyl. "Benede" verwys na streke stroomaf en "Bo" na streke stroomop. Benede-Nubië lê tussen die Eerste en Tweede Katarak van die Nyl, binne die huidige grense van Egipte. Middel-Nubië lê tussen die Tweede en Derde Katarak en Bo-Nubië suid van die Derde Katarak. Geskiedenis Voorgeskiedenis thumb|Gereedskap, wapens en versierings van el-Barga (6000–5500 v.C.). Vroeë nedersettings het in Bo- én Benede-Nubië ontstaan. Die Egiptenare het na Nubië verwys as Ta-Seti, of "Die land van die Boog", aangesien die Nubiërs ervare boogskutters was. Moderne geleerdes verwys gewoonlik na die mense uit dié streek as die "A-groep"-kultuur. Vrugbare landbougrond net suid van die Derde Katarak is bekend as die "voor-Kerma"-kultuur in Bo-Nubië.

thumb|links|260px|’n Gerekonstrueerde voorbeeld van die "kalendersirkil" by Nabta Playa. thumb|links|260px|Pottebakkersware van die Nubiese A-groep (Louvre). Die Neolitiese volke in die Nylvallei het waarskynlik uit Soedan en die Sahara gekom, en in dié tyd was daar ’n gedeelde kultuur tussen dié twee streke en Egipte. – S.O.Y. Keita, American Journal of Physical Anthropology (1990) Teen die 5de millennium v.C. was die volke in wat nou Nubië genoem word, deel van die Neolitiese Omwenteling. Klipreliëfwerk uit die Sahara beeld tonele uit wat lyk soos die verering van beeste; dit is tipies van dit wat vandag nog in dele van Oos-Afrika en die Nylvallei gesien word. Klippe wat by Nabta Playa ontdek is, lyk soos een van die wêreld se eerste astronomiese toestelle – uit ’n tyd amper 2 000 jaar voor Stonehenge.PlanetQuest: The History of Astronomy. Besoek op 2007-08-29 Hierdie soort verskynsels het waarskynlik die basis gevorm van strukture uit beide die Neolitiese gemeenskap by Nabta Playa en die Ou Ryk van Egipte.Late Neolithic megalithic structures at Nabta Playa deur Fred Wendorf (1998)

Omstreeks 3500 v.C. het die tweede "Nubiese" kultuur, die A-groep-kultuur, tot stand gekom. Dit was in die tyd van die gemeenskappe in die voordinastiese Naqada van Bo-Egipte, en dit het etnies en kultureel baie ooreengestem.Hunting for the Elusive Nubian A-Group People deur Maria Gatto, archaeology.org. American Journal of Physical Anthropology, 87: 245–254 (1992) Die A-groep het handel met die Egiptenare gedryf. Dit is duidelik uit groot hoeveelhede Egiptiese gebruikersgoedere wat in grafte van dié volke gekry is. Daar was onder meer goudvoorwerpe, kopergereedskap, geglasuurde erdewerk, seels en ’n verskeidenheid potte.

thumb|180px|Nubiese figuur van terracotta uit die Neolitikum (omstreeks 3500-3100 v.C.). Daar is tekens van ’n verenigde koninkryk omstreeks 3300 v.C., soos blyk uit vondste by Qustul. Hulle het aansienlike bande (kultureel én geneties) met die kultuur van Naqada gehad. Die Nubiese kultuur kon selfs bygedra het tot die vereniging van die Nylvallei.

Rondom die einde van die protodinastiese tydperk het Naqada blykbaar, in sy poging om die Nylvallei te verenig, Ta-Seti (waar Qustul geleë was) verower en dit met Egipte geharmonieer. Nubië het dus die eerste nomos (administratiewe afdeling) van Bo-Egipte geword. Dit lyk of die hele A-groep-streek met die tyd van die 1ste Dinastie ontvolk was, waarskynlik weens migrasie na die weste en suide.

Die A-groep-kultuur het begin afneem in die vroeë 28ste eeu v.C. Die Amerikaanse argeoloog George Reisner het voorgestel dat die plek daarvan ingeneem is deur ’n kultuur wat hy die "B-groep" noem, maar die meeste argeoloë glo daar het nie so ’n kultuur bestaan nie en dat die streek tussen omstreeks 3000 en 2500 v.C. ontvolk geraak het. Die rede kan Egiptiese invalle en strooptogte wees wat in dié tyd begin het.

Nubië het waarskynlik as ’n handelstussenganger tussen Egipte en tropiese Afrika gedien. Die streek word in 2300 v.C. die eerste keer genoem in verslae uit die Ou Ryk oor handelsendings. In Aswan, reg bo die Eerste Katarak, destyds die suidelike grens van Egiptiese beheer, het Egiptenare deur Nubië goud, wierook, ivoor, koper en eksotiese diere uit tropiese Afrika ingevoer. Namate handel tussen Egipte en Nubië toegeneem het, het rykdom en stabiliteit ook gegroei. Teen die tyd van Egipte se 6de Dinastie was Nubië in ’n reeks klein koninkryke verdeel. Dit is onseker of hierdie "C-groep"-volke, wat van omstreeks 2500 tot 1500 v.C. floreer het, ’n interne evolusie of indringers was. Daar is ’n besliste ooreenkoms tussen die A- en C-groep se pottebakkersware, en hulle was dalk lede van die A-groep wat teruggekeer het, maar dit kon ook ’n interne herlewing van verlore kunsvorms gewees het. In dié tyd het die Sahara te droog geword om menslike lewe te onderhou, en dit is moontlik dat daar ’n skielike instroming van nomades uit die Sahara was.

Tydens Egipte se Middelryk (omstreeks 2040-1640 v.C.) het Egipte in Nubië se rigting begin uitbrei om beheer te kry oor die handelsroetes in Noord-Nubië, en dus direkte toegang tot handel met Suid-Nubië. Hulle het ’n reeks forte aan die Nyl gebou, onder die Tweede Katarak. Dit lyk of dié forte vreedsame betrekkinge, maar min interaksie, met die plaaslike Nubiërs gehad het.

Nubië en Antieke Egipte thumb|links|180px|Twee Nubiërs, uit die paleis langs die tempel van Medinet Haboe, uit die bewind van Ramses III (1182-1151 v.C.). Een vertolking is dat die heersers van die Nubiese A-groep en die vroeë Egiptiese farao's verwante koninklike simbole gebruik het. Ooreenkomste in rotskuns van A-Groep-Nubië en Bo-Egipte ondersteun dié mening. Antieke Egipte het Nubiese grondgebied in verskeie tydperke verower en dele van die gebied by sy provinsies ingelyf. Die Nubiërs het op hulle beurt Egipte onder sy 25ste Dinastie verower.Barbara Watterson, The Egyptians. Blackwell, Oxford. pp. 50–117

Die betrekkinge tussen die twee magte toon ook vreedsame kulturele wisselwerking en samewerking, insluitende gemengde huwelike. Medjay (mḏꜣ)Erman & Grapow, Wörterbuch der ägyptischen Sprache, 2, 186.1–2 is die naam wat Egipte aan ’n distrik in die huidige Noord-Soedan gegee het waar ’n antieke Nubiese volk gewoon het. Hulle het deel van die Egiptiese weermag geword.

In die Middelryk van Egipte het "Medjay" nie meer na ’n distrik verwys nie, maar na ’n clan of volk. Dit is nie bekend wat van die distrik geword het nie, maar ná die Eerste Oorgangstydperk kom dit en ander distrikte in Nubië nie meer in die geskrewe rekords voor nie. Geskrifte noem die Medjay as ’n nomadiese woestynvolk. Mettertyd is hulle in die Egiptiese weermag opgeneem. Daar was hulle garnisoentroepe in Egiptiese versterkings in Nubië en het hulle die woestyne gepatrolleer. Later is hulle selfs gebruik in Kamoses se veldtog teen die Hyksos en het hulle instrumenteel geword in die omskepping van Egipte in ’n militêre mag.

In die 18de Dinastie van die Nuwe Ryk was die Medjay ’n paramilitêre elitepolisiemag. Die term het nie meer na ’n etniese groep verwys nie en mettertyd het dit sinoniem geword met polisiëring in die algemeen. As ’n elitepolisiemag is hulle dikwels gebruik om waardevolle gebiede te beskerm, veral koninklike en godsdienstige komplekse.

Verskeie farao's van Nubiese herkoms het volgens Egiptoloë in verskeie tydperke ’n belangrike rol in Egipte gespeel, veral die 12de Dinastie. Hulle het sake op ’n eg Egiptiese manier hanteer, en dit het die groot kulturele invloede tussen die streke weerspieël.

In die Nuwe Ryk kon nie meer argeologies tussen die Egiptenare en Nubiërs onderskei word nie.

Kerma thumb|220px|Die stad Kerma. thumb|220px|Die Turynse Papiruskaart. Die eerste koninkryk wat ’n groot deel van die streek verenig het, was die Kermakultuur, genoem na die stad Kerma, wat vermoedelik die hoofstad was. Dit was een van die vroegste stedelike sentrums in die Nylstreek en die inwoners het óf een van die Koesjitiese tale gepraat óf, volgens onlangser navorsing, ’n Oos-Soedannese taal van die Nyl-Saharataalfamilie.

Teen 1750 v.C. was die konings van Kerma magtig genoeg om die bou van groot mure en strukture van modderstene te organiseer. Hulle het ook goed toegeruste graftomes gehad met besittings daarin vir die hiernamaals en baie mense wat geoffer is. Op terreine van Kerma wat opgegrawe is, is tipiese Nubiese argitektuur aangetref, soos groot graftombes en paleisagtige strukture. In ’n stadium het Kerma amper Egipte verower. Egipte het ’n groot nederlaag teen die Koninkryk Koesj gely.Tomb Reveals Ancient Egypt's Humiliating Secret The Times (London, 2003) Volgens Davies, hoof van die gesamentlike span van die Britse Museum en Egiptiese argeoloë, was die aanval so verwoestend dat, as Kerma se magte besluit het om te bly en Egipte te verower, hulle dié land van die wêreldkaart kon gevee het. Toe Egipte se mag tydens die Nuwe Ryk (omstreeks 1532-1070 v.C.) herlewe, het die Egiptenare begin om verder suidwaarts uit te brei. Hulle het die stad en koninkryk Kerma verwoes en Egipte tot by die Vierde Katarak uitgebrei.