Vyf oorlogskepe van die Britse Vloot het reeds die naam HMS Ark Royal gedra.

Ark Royal (1587), die vlagskip van die Britse Vloot tydens die Spaanse Armada-veldtog van 1588.

HMS Ark Royal (1914), 'n handelskip wat omgeskakel is na 'n vliegdekskip tydens die Eerste Wêreldoorlog.

HMS Ark Royal (91), die Britse vliegdekskip, te water gelaat in 1937, wat aan die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het en deur 'n Duitse duikboot gesink is in 1941.

HMS Ark Royal (R09), 'n Audacious-klas vliegdekskip, te water gelaat in 1950, uit diens gestel in 1979.

HMS Ark Royal (R07), 'n Invincible-klas vliegdekskip, te water gelaat in 1981, uit diens gestel in 2011.