Die 15de eeu v.C. het geduur van 1500 tot 1401 v.C.

Gebeure 1504-1492 v.C.: Antieke Egipte verower Nubië en die Levant. 1490 v.C.: Cranaus, die legendariese koning van Athene, word ná ’n bewind van 10 jaar deur sy skoonseun Amphictyon van Thessalië afgesit. 1487 v.C.: Amphictyon van Athene sterf ná ’n bewind van 10 jaar en word opgevolg deur Erichthonius I, ’n kleinseun van Cranaus. 1480 v.C.: Koningin Hatsjepsoet word deur haar stiefseun en nefie Toetmoses III opgevolg. Tydperk van groot Egiptiese uitbreiding. 1446 v.C. (25 April) of 1444 v.C.: Datum in die Hebreeuse Bybel vir die Israeliete se uittog uit Egipte. 1437 v.C.: Die legendariese koning Erichthonius I van Athene sterf ná ’n bewind van 50 jaar en word opgevolg deur sy seun Pandion I. 1430-1160 v.C.: Hetitiese Nuwe Ryk gestig.

Verwysings

Kategorie:Eeue