duimnael|Die aanbidding van die maangod in Ur, omstreeks 2100 v.C.
Die 21ste eeu v.C. het geduur van 2100 tot 2001 v.C.
Gebeure Omstreeks 2100–2050 v.C.: Nanna-ziggoerat, Ur (hedendaagse Muqaiyir, Irak), word gebou. 2091 v.C.: Begin van die Patriargale Era (van die Bybelse aartsvaders Abraham, Isak en Jakob). 2080 v.C.: Oorloë van Antieke Egipte se 9de Dinastie. 2080 of 2040 v.C.: Die Eerste Oorgangstydperk van Egipte eindig en die Middelryk begin. 2071 v.C.: Magh Ithe, die eerste bekende geveg in die mites van Ierland. Omstreeks 2050 v.C.: Die uitbarsting van Berg Mariveles in die Filippyne. 2040 v.C.: Die begin van die Xia-dinastie, die eerste dinastie en regeringstelsel in China. 2034 v.C. – 2004 v.C.: Die Ur-Amoritiese oorloë. 2004 v.C.: Die verwoesting van Ur. Omstreeks 2000 v.C.: Die Egeïese Bronstydperk eindig.
Kategorie:Eeue