Die 14de eeu v.C. het geduur van 1400 tot 1301 v.C.
Gebeure 1397 v.C.: Pandion I, die legendariese koning van Athene, sterf ná ’n bewind van 40 jaar en word opgevolg deur sy seun Erechtheus II. 1390 v.C.: Die opkoms van die Assiriërs as ’n onafhanklike mag in Mesopotamië. 1380 v.C.: Amenhotep III verbind die Nylrivier en die Rooisee met ’n kanaal. 1372 v.C.: Die Hetiete verower die hele Koninkryk van Mitanni wes van die Eufraat. 1347 v.C.: Erechtheus II van Athene word ná ’n bewind van 50 jaar deur weerlig doodgeslaan en deur sy jonger broer Kekrops II opgevolg. 1346 v.C.: Farao Amenhotep IV van Antieke Egipte begin met die aanbidding van die god Aten en die bou van Amarna as sy nuwe hoofstad. 1345 v.C.: Amenhotep IV hernoem homself Achenaten. Omstreeks 1334 v.C.: Toetankaten word farao van Egipte en trou met Anchesenpaaten, die dogter van sy voorganger, Achenaten. 1331 v.C.: Toetankaten hernoem homself Toetankamen. Hy verlaat Amarna en skuif sy hoofstad terug na Thebe, Egipte. 1324 v.C.: Farao Ai word koning van Egipte. 1320 v.C.: Einde van die 18de Dinastie van Egipte en die begin van die 19de Dinastie. 1310 v.C.: Die Bhagavad Gita word geskryf volgens sommige Hindoe-tradisies. 1300 v.C.: Kekrops II van Athene sterf ná ’n bewind van 40 jaar en word opgevolg deur sy seun Pandion II. 1307 v.C.: Adad-nirari I word koning van Assirië.
Kategorie:Eeue