Publius Licinius Valerianus, bekend as Valerianus I, (ca. 200 - na 260) was van 253 tot 260 die Romeinse keiser. In die nasleep van die slag by Edessa word hy deur die Persiese koning Shapur I gevangene geneem. Valerianus I was die enige Romeinse keiser in die geskiedenis wat 'n krygsgevangene was. Sy gevangeneming het tot groot onstabiliteit in die Romeinse Ryk gelei.
Valerianus het sy voorganger se vervolging van Christene voortgesit. Op 6 Augustus 258 sterf Pous Sixtus II op sy bevel 'n marteldood.
Sien ook Lys van Romeinse keisers
Eksterne skakels
R.D. Weigel, art. Valerian (A.D. 253-260) and Gallienus (A.D. 253-268), in DIR (1998).
Kategorie:Geboortes in 200 Kategorie:Mense in die 3de eeu Kategorie:Romeinse keisers