Die Boogbek-sandkruiper (Rhina ancylostoma) kom voor in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Durban.

Voorkoms Die volwassenes se rug is grys of bruinerig met verspreide, dowwe kolle op en wit aan die onderkant. Die jonger visse het swart kolle of twee swart bande tussen die oë terwyl die lyf hoofsaaklik swart is met wit kolle op.

Sien ook duimnael|links|'n Boogbek-sandkruiper

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Rhina-ancylostoma.html

Kategorie:Rôe