KronstadtКронштадт 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Federale distrik Noordwestelike Federale subjek Sint Petersburg Koördinate Stigting 18 Mei 1704 Stadstatus 1704 Bevolking: - Totaal (2010) 43 005 Tydsone UTC +4 Amptelike Webwerf old.gov.spb.ru
Kronstadt (Russies: Кронштадт; Kronsjtadt; «Kroonstad») is 'n versterkte Russiese hawestad op die eiland Kotlin in die oostelike deel van die Golf van Finland. Kronstadt is tans 'n administratiewe distrik van Sint Petersburg en sowat 30 km wes van die middestad geleë. Volgens die 2010-sensus het die plek 'n bevolking van 43 005. duimnael|links|Sint Nikolaas-Vlootkatedraal, 'n meesterwerk van Russiese Neo-Bisantynse boukuns, opgerig tussen 1908 en 1913 duimnael|links|Vlootkatedraal -plafonskildery met Jesus-portret duimnael|links|Kadette van die militêre akademie in die Vlootkatedraal duimnael|links|Historiese stoorhuis No. 5 langs die Obwodni-kanaal duimnael|links|Fort Alexander I duimnael|links|Die Sint Petersburgdam verbind Kronstadt met die metropool aan die Newa. Dit maak daarnaas deel uit van 'n versperring wat Sint Petersburg teen vloedwater beskerm Kronstadt is een van Sint Petersburg se belangrikste hawens. 'n Basis van die Oosseevloot is ook hier geleë. Ortodokse Christene onderneem gereelde pelgrimstogte na die stad. Toere per bus en boot word daagliks van Sint Petersburg na Kronstadt onderneem.
In 1990 is die historiese middestad en die verskeie vestings deur Unesco as deel van Sint Petersburg se wêrelderfenisgebied gelys.
In Maart 1921 het die Kronstadt-rebellie hier plaasgevind.
Verdere leesstof The 900 days; The siege of Leningrad, outeur: Harrison E. Salisbury, uitgewery: Da Capo Press, of
Eksterne skakels
Amptelike UNESCO bladsy
Kategorie:Nedersettings langs die Oossee Kategorie:Sint Petersburg Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland