Die koninkryk Koesj (gespel Kus in die Afrikaanse Bybel) was ’n antieke koninkryk in Nubië wat aan die Nylrivier van Soedan en Egipte geleë was. Dit was gesentreer in die gebied waar die Blou- en Wit-Nyl saamvloei en val vandag in Soedan. Volgens Egiptiese bronne was die plaaslike naam k3š ( of uitgespreek). Dit was ook ’n etniese term vir die plaaslike bevolking en kom voor in die naam van byvoorbeeld koning Kasjta ("die Koesjiet").
Die Koesjitiese bewindstydperk in Nubië het begin ná die einde van die Bronstydperk en die val van die Nuwe Ryk van Antieke Egipte, waarvan dit vroeër deel was. Sy hoofstad in die vroeë deel van sy bestaan was Napata (die hedendaagse Karima in Soedan). Die hoofstad is later na Meroë geskuif.
Die eerste konings van Koesj het die land se grense aansienlik uitgebrei. Nadat koning Kasjta Egipte in die 8ste eeu v.C. binnegeval het, het die Koesjitiese konings as farao's van die 25ste Dinastie regeer. Die mag van die 25ste Dinastie het onder koning Tirhaka ’n hoogtepunt bereik, maar ’n eeu nadat die Koesjiete Egipte verower het, is hulle deur die Nieu-Assiriese Ryk onder Assurbanipal verslaan en eindelik deur Psamtik I uit Egipte verdryf.
Koesj, met sy hoofstad in Meroë, het tot die 4de eeu n.C. bestaan, toe dit verswak en van die kaart af verdwyn het. Die hoofstad is eindelik beset en tot op die grond afgebrand deur die Koninkryk Aksoem. Daarna het die Nubiërs die drie (op die ou end gekerstende) koninkryke Nobatië, Makoerië en Alodië gestig. Hulle taal, Meroïties, wat van 300 v.C. af tydens die Meroïtiese tydperk gepraat is, het ook omstreeks dié tyd uitgesterf.
Historici verbind die bestudering van Koesj se geskiedenis baie nou met Egiptologie omdat dit so naby aan Egipte geleë was en Koesj 'n eeu lank oor Egipte regeer het. Veral toe Koesj deel van die Nuwe Ryk was, het sy kultuur in ’n groot mate veregipties.
Naam
Die plaaslike naam van die koninkryk is in Egipties aangeteken as k3š, wat waarskynlik of uitgespreek is in Middel-Egipties, toe die term die eerste keer vir Nubië gebruik is, gebaseer op die Nuwe Koninkryk-tydperk se Akkadiese transliterasie as die genitief kūsi.
Dit is ook ’n etniese term vir die plaaslike bevolking wat die Koninkryk Koesj gestig het en kom voor in die name van Koesjitiese persone,Török, László. Der Nahe und Mittlere Osten. BRILL, 1997. Print. soos koning Kasjta, ’n transkripsie van k3š-t3: "(iemand van) die land van Koesj". Koesj was ook die tuiste van die heersers van die 25ste Dinastie.Van, de M. M. A History of Ancient Egypt. Chichester, West Sussex: Wiley-Blackwell, 2011. Print.
Die naam Koesj word ook minstens sedert die tyd van Flavius Josephus verbind met die Bybelse karakter Kus in die Ou Testament wat die seun van Gam was (Genesis 10:6). Gam het vier seuns gehad: Kus, Egipte, Put en Kanaän. Volgens die Bybel was Nimrod, ’n seun van Kus, die stigter en koning van Babilon, Erek, Akkad en Kalne, in Sinar (Genesis 10:10). Die Bybel noem ook ’n Kus wat ’n Benjamiet was in Psalm 7:1.
In Griekse bronne was Koesj bekend as Kous (Κους) of Aithiopia (Αἰθιοπία).László Török, The Kingdom of Kush: Handbook of the Napatan-Meroitic Civilization (Leiden: Brill, 1997), p. 69ff.
Geskiedenis Oorsprong thumb|180px|Standbeeld van die Koesjitiese farao Aspelta, Napatatydperk (omstreeks 620-580 v.C.) Mentoehotep II, die stigter uit die 21ste eeu v.C. van die Middelryk van Egipte, het in die 29ste en 31ste jaar van sy bewind veldtogte teen Koesj gevoer. Dit is die vroegste Egiptiese verwysings na "Koesj"; die Nubiese streek was in die Ou Ryk onder ander name bekend.Historical Dictionary of Ancient and Medieval Nubia, Richard A. Lobban jr., p. 254. Onder Toetmoses I het Egipte verskeie veldtogte suidwaarts onderneem.De Mola, Paul J. "Interrelations of Kerma and Pharaonic Egypt". Ancient History Encyclopedia: http://www.ancient.eu/article/487/ Dit het eindelik gelei tot hulle anneksasie van Nubië omstreeks 1504 v.C. Daarna is die vroeë Kermakultuur van Nubië al hoe meer veregipties, hoewel rebellies 220 jaar lank voortgeduur het tot omstreeks 1300 v.C. Tog het Nubië ’n sleutelprovinsie van die Nuwe Koninkryk geword: ekonomies, polities en spiritueel. Groot farao-seremonies is by Djebel Barkal naby Napata gehou. As ’n Egiptiese kolonie vanaf die 16de eeu v.C. is Nubië ("Koesj") deur ’n Egiptiese onderkoning regeer. Met die verbrokkeling van die Nuwe Koninkryk omstreeks 1070 v.C. het Koesj ’n onafhanklike koninkryk geword wat in Napata gesentreer was.Morkot, Robert G. "On the Priestly Origin of the Napatan Kings: The Adaptation, Demise and Resurrection of Ideas in Writing Nubian History" in O'Connor, David and Andrew Reid, eds. Ancient Egypt in Africa (Encounters with Ancient Egypt) (University College London Institute of Archaeology Publications) Left Coast Press (1 Augustus 2003) p.151
Die omvang van die kulturele/politieke kontinuïteit tussen die Kermakultuur en die daaropvolgende Koninkryk Koesj is moeilik om te bepaal. Laasgenoemde staat het omstreeks 1000 v.C. ontstaan, 500 jaar ná die einde van die Koninkryk Kerma. Teen die 8ste eeu v.C. het die nuwe Koninkryk Koesj uit die Napatastreek ontstaan. Die Napatatydperk is deur die Meroïtiese tydperk gevolg, toe die koninklike begraafplase omstreeks 300 v.C. na Meroë verskuif is.
Die Koesjiete het ook piramides gebou en van dieselfde gode as Egipte aanbid, soos Amoen en Isis. Toe hulle dié gode begin aanbid, het hulle ook van die gode se name as hulle troonname aangeneem.
Die heersers van Koesj is beskou as die beskermhere van die staatsgodsdiens en was verantwoordelik vir die instandhouding van die gode se huise. Sommige geleerdes glo die ekonomie in Koesj was ’n herverdelingstelsel. Die staat sou belasting in die vorm van oorskotprodukte insamel en dit onder die volk herverdeel. Ander glo die grootste deel van die gemeenskap het op die landerye gewerk – hulle het niks van die staat gevra en niks tot die staat bygedra nie. Dit lyk of Noord-Koesj produktiewer en ryker as die suidelike streek was.Welsby, Derek A. The Kingdom of Kush: the Napatan and Meroitic Empires. Princeton, NJ: Markus Wiener, 1998. Google Scholar. Web. 20 Oct. 2011
’n Ondersoek na tande van fossiele uit die Meroïtiese tydperk in Semna, Noord-Nubië, toon dit het dieselfde kenmerke as dié van die bewoners van die Nylstreek, Horing van Afrika en Magreb. Die Meroïtiese skelette en antieke en onlangse fossiele verskil ook fenotipies van dié van onlangse Niger-Kongo- en Khoisan-sprekende bevolkings in Afrika suid van die Sahara, sowel as van die bewoners van Djebel Sahaba in Nubië uit die Middelste Steentydperk.
Verowering van Egipte
Koesj se weerstand teen die Egiptiese heerskappy van die vroeë 18de eeu word genoem in die geskrifte van Ahmoses, seun van Ebana, ’n Egiptiese vegter onder Ahmoses I, Amenhotep I en Toetmoses I. Aan die einde van die Tweede Oorgangstydperk (middel 16de eeu v.C.) het twee bedreigings Egipte in die gesig gestaar: die Hyksos in die noorde en die Koesjiete in die suide. Volgens outobiografiese inskripsies teen die mure van Ahmoses se grafkapel het die Egiptenare verskeie veldtogte teen Koesj gevoer en Nubië tydens die bewind van Amenhotep I (1514-1493 v.C.) verower. In Ahmoses se skrywes word die Koesjiete beskryf as boogskutters: "Nadat Sy Majesteit die Bedoïene van Asië verslaan het, het hy stroomop na Bo-Nubië gevaar om die Nubisie boogskutters te vernietig." Die grafinskripsies bevat nog twee verwysings na die Nubiese boogskutters van Koesj.
links|duimnael|240px|Amoen se tempel in Djebel Barkal, wat oorspronklik tydens die Nuwe Koninkryk gebou is, maar aansienlik deur Pije verbeter is. thumb|links|240px|Beelde van verskeie heersers van die laat 25ste Dinastie tot vroeë Napatatydperk. Egipte se internasionale aansien het aansienlik afgeneem teen die einde van die Derde Oorgangstydperk. Sy historiese bondgenote, die inwoners van Kanaän, is verower deur die Middel-Assiriese Ryk (1365-1020 v.C.) en toe deur die heropkomende Nieu-Assiriese Ryk (935-605 v.C.). Die Assiriërs het sedert die 10de eeu v.C. weer vanaf Noord-Mesopotamië uitgebrei en ’n groot ryk verower, insluitende die hele Nabye Ooste en ’n groot deel van Anatolië, die oostelike Mediterreense streek, die Kaukasus en die vroeë Iran.
In 945 v.C. het Sjesjonk I en die prinse van Liboe beheer oor die Nyldelta oorgeneem en die 22ste Dinastie van Egipte gestig. Hulle sou sowat 200 jaar regeer. Sjesjonk het ook beheer oor Suid-Egipte oorgeneem deur sy familielede in belangrike priesterlike posisies aan te stel. In 711 het Sjesjonk Memphis sy noordelike hoofstad gemaak.Van, de M.M., A History of Ancient Egypt. Chichester, West Sul"ssex: Wiley-Blackwell, 2011. p. 289. Print. Libiese beheer het egter afgeneem toe ’n teenstander in die delta in Leontopolis ontstaan en die Koesjiete uit die suide ’n bedreiging word.
Alara het die 25ste Koesjitiese dinastie in Napata, Nubië, gestig. Sy opvolger, Kasjta, het die Koesjitiese beheer noordwaarts uitgebrei tot by Elephantine en Thebe in Bo-Egipte. Kasjta se opvolger, Pije, het Benede-Egipte omstreeks 727 v.C. verower.Shaw (2002) p. 345 Pije se oorwinningstele, wat hierdie veldtogte tussen 728 en 716 v.C. gedenk, is in Amoen se tempel by Djebel Barkal ontdek. Hy het ’n Egipte binnegeval wat in vier koninkryke verdeel was en deur die konings Peftjauawybast, Nimlot, Iuput II en Osorkon IV regeer is.
Dit is debatteerbaar hoekom die Koesjiete juis op hierdie tydstip in die geskiedenis besluit het om Egipte binne te val. Die argeoloog Timothy Kendall het ’n nuwe hipotese oor ’n aanspraak op koningskap wat met Djebel Barkal verbind word.Kendall, T.K., 2002. Napatan Temples: a Case Study from Gebel Barkal. The Mythological Nubian Origin of Egyptian Kingship and the Formation of the Napatan State. Tenth International Conference of Nubian Studies. Rome, 9-14 September 2002. Kendall noem die oorwinningstele van Pije by Djebel Barkal, wat lui: "Amoen van Napata het my die reg gegee om die heerser van elke buitelandse land te wees" en "Amoen in Thebe het my die reg gegee om die heerser van die Swart Land (Kmt) te wees." Volgens Kendall lyk dit of "buitelandse lande" in dié verband Benede-Egipte insluit, terwyl Kmt na ’n verenigde Bo-Egipte en Nubië verwys.
Pije se opvolger, Sjabaka, het die Saïtiese konings van Noord-Egipte tussen 711 en 710 v.C. verower en homself as koning in Memphis aangestel. Hy het toe bande met Sargon II van Assirië aangeknoop.
thumb|250px|’n Reliëf van Amoen se tempel by Djebel Barkal wat ’n geveg tussen die Koesjiete en Assiriërs uitbeeld. Pije se seun Tirhaka het aanvanklik ’n paar suksesse behaal om Egipte se invloed in die Nabye Ooste te herstel. Hy het koning Hiskia van Juda gehelp teen ’n aanval deur Sanherib en die Assiriërs (2 Konings 19:9; Jesaja 37:9), maar siektes onder die invallende magte van Assirië was skynbaar die hoofrede dat Jerusalem nie verower is nie, eerder as ’n militêre nederlaag. Volgens Assiriese rekords is Hiskia gedwing om heffings te betaal. Sanherib het Tirhaka toe verslaan en die Nubiërs en Egiptenare teruggedryf.
duimnael|250px|Die piramides by Noeri in Soedan, wat tussen Tirhaka en Nastasen se regeringstydperke gebou is.