Die 47-voet-MLB is die standaardreddingsboot van die Amerikaanse Kuswag (USCG) en verplaas 18 ton. Die 47'-MLB is die opvolger van die 44'-MLB.

Die 47'-MLB is ontwerp om orkaansterktewinde en rowwe see te werstaan; dit kan winde van tot 60 knope (110 km/h) trotseer, branders van tot 6 m ry en 'n impak van tot 3 G weerstaan. Indien die boot sou omslaan, is dit selfregstellend in minder as tien sekondes, met alle toerusting ten volle funksioneel.

Die boot se romp en bostruktuur is volledig uit 5 456 marinegraadaluminium gebou. Die ontwerp het 'n diep "V"-romp met 'n versterkte boeg en die 47'-MLB oorskry sy verplasingspoed. Die raamwerk is saamgestel uit 17 vertikale terugslagrame, wat elk aan die dek en romp geheg is en waarvan vyf waterdig is.

Die boot kan van vier verskillende plekke af bedryf word, danksy die gemak van elektroniese beheerstelsels ("cruise-by-wire").Textron Marine MLB datasheet Twee van die beheerposte is op die toegeboude brug, en twee is midskeeps op 'n oop brug.

Funksionele herwinningsluike is minder as 30 cm bo die waterlyn aangebring, wat die redding van persone en herwinning van toerusting makliker maak. 'n Waterdigte kompartement vir drenkelinge is ook met omvattende noodhulp toegerus.

Verwysings

Kategorie:Skepe Kategorie:Wapentuig