Die Persiese Golfoorlog (2 Augustus 1990 - 28 Februarie 1991) was 'n oorlog wat deur 'n koalisie van 34 lande onder leiding van die Verenigde State van Amerika teen Irak gevoer is. Die oorlog was 'n reaksie op die Irakse inval en anneksasie van Koeweit op 1 Augustus 1990.

Die oorlog begin met Operation Desert Shield (2 Augustus 1990 - 17 Januarie 1991) vir die opbou van troepe en die verdediging van Saoedi-Arabië. Dit is gevolg met Operation Desert Storm (17 Januarie 1991 – 28 Februarie 1991) vir die inval en bevryding van Koeweit.

Die grootste deel van die koalisie se militêre magte was vanuit die VSA afkomstig, met Saoedi-Arabië, die Verenigde Koninkryk en Egipte as die grootse bydraers (in die orde). Dit was die grootste militêre alliansie sedert die Tweede Wêreldoorlog. Saoedi-Arabië het sowat VS$ 36 miljard van die VS$ 60 miljard koste gedra.

Die oorlog is gekenmerk deur lewendige nuus wat vir die eerste keer vanuit die voorste linies van die stryd uitgesaai is, hoofsaaklik deur die Amerikaanse CNN-netwerk. A Guerra do Golfo, besoek op 29 Maart 2011 Tydens Operasie Desert Storm is beelde van Amerikaanse bomwerpers en hulle teikens daagliks gebeeldsend. A Guerra do Golfo, os Estados Unidos e as Relações Internacionais , besoek op 29 Maart 2011. Guerra/Terrorismo – O maior bombardeio da história , besoek op 27 November 2011.

Die aanslag om Irakse troepe uit Koeweit te verdryf begin op 17 Januarie 1991 met lugaanvalle. Dit word op 24 Februarie met 'n grondinval opgevolg. Die koalisie behaal 'n beslissende oorwinning, wat Koeweit bevry en Irakse grondgebied binnedring. Een honderd uur na die grondinval verklaar die koalisie 'n skietstilstand. Lug- en grondaanvalle was beperk tot Irak, Koeweit, en gebiede op Saoedi-Arabië se grens. Irak het Scudmissiele teen koalisieteikens en teen Israel geloods.

In April 1991 keur die Verenigde Nasies resolusie 687 goed wat 'n formele skietstilstand bewerkstellig. Die omstredenheid oor die toepassing hiervan en daaropvolgende resolusies lei 12 jaar later tot die uitbreek van die Irakse Oorlog.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Irak Kategorie:Geskiedenis van Israel Kategorie:Geskiedenis van Saoedi-Arabië Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Koeweit Kategorie:Oorloë