Memphis of Memfis (Arabies: منف, Grieks: Μέμφις) was die antieke hoofstad van Aneb-Hetch, die eerste nomos (provinsie) van Benede-Egipte. Die ruïnes lê sowat 20 km suid van Kaïro.
Volgens ’n legende, soos vertel deur die Egiptiese historikus Manetho, is die stad omstreeks 3000 v.C. deur farao Menes gestig as hoofstad van die Ou Ryk, en het dit regdeur die Mediterreense geskiedenis ’n belangrike stad gebly.Bard, Encyclopedia of the Archaeology of Ancient Egypt, bl. 694.Meskell, Lynn (2002). Private Life in New Kingdom Egypt. Princeton University Press, bl. 34Shaw, Ian (2003). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press, p.279 Dit was geleë in ’n strategiese posisie aan die mond van die Nyldelta en was ’n bedrywige sentrum. In sy hoofhawe, Peroe-nefer, was talle werkwinkels, fabrieke en pakhuise wat kos en ander voorraad deur die hele koninkryk versprei het. Tydens sy goue era het Memphis floreer as ’n streeksentrum vir handel en godsdiens.
Daar is geglo Memphis was onder die beskerming van Ptah, die god van ambagsmanne. Sy groot tempel, Hoet-ka-Ptah ("Plek van die siel van Ptah"), was een van die grootste geboue. Die naam van die tempel, wat in Grieks Aί γυ πτoς (Ai-gi-ptos) was, volgens Manetho, is vermoedelik die etimologiese oorsprong van die naam "Egipte".
Die geskiedenis van Memphis was nou verbind met dié van die land self. Sy eindelike val was vermoedelik weens die afname in sy ekonomiese belangrikheid in die laat antieke tyd, ná die opgang van die kusstad Alexandrië. Sy godsdienstige belangrikheid het afgeneem ná die afskaffing van die antieke godsdiens kragtens die Edik van Thessaloniki.
Die stad se ruïnes is vandag ’n bewys van sy verlede. Memphis, saam met die piramidekomplekse tussen Giza en Dahsjoer, is sedert 1979 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied. Die publiek kan dit besoek as ’n opelugmuseum.
Naam
Memphis het deur sy geskiedenis van byna vier millenniums verskeie name gehad. Sy Antieke Egiptiese naam was Inboe-Hedj ("Wit Mure")M.T. Dimick Besoek op 1.10.11Etymology website-www.behindthename.com Besoek op 1.10.11National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map, produced by the Cartographic Division.
Vanweë sy grootte was die stad ook onder verskeie ander name bekend wat eintlik die name van buurte of distrikte was, soos Djed-Soet, wat die naam van die piramide van Teti was.Montet, Géographie de l'Égypte ancienne, (Vol I), bl. 28-29. Daar is ook in ’n stadium daarna verwys as Anch-Tawy ("Die Lewe van die Twee Lande"), wat die strategiese posisie van die stad tussen Bo- en Benede-Egipte beklemtoon.Najovits, Simson R. Egypt, trunk of the tree: a modern survey of an ancient land (Vol. 1–2), Algora Publishing, p171.
Aan die begin van die Nuwe Ryk (omstreeks 1550 v.C.) het die stad bekend geword as Men-nefer ("blywend en pragtig"), wat Menfe geword het in Kopties. Die naam "Memphis" is die Griekse weergawe van die naam.
Manetho het na Memphis verwys as Hoet-ka-Ptah ("Plek van die siel van Ptah"), wat hy in Grieks Aί γυ πτoς (Ai-gi-ptos) geskryf het. Van dié naam is die Latynse naam Aegyptus gevorm en dit is vandag in Afrikaans "Egipte".
In die Ou Vertaling van die Afrikaanse Bybel word soms na die stad verwys as Nof (byvoorbeeld in Jes 19:13) of Mof (Hos 9:6) en in die Nuwe Vertaling as Memfis.
Ligging en bevolking Ligging Die stad Memphis is 20 km suid van Kaïro geleë, op die wesoewer van die Nyl. Dahsjoer, Aboesir en Aboe Gorab lê in die administratiewe grense van die historiese stad. Dit was ook die grens tussen Bo- en Benede-Egipte.
Bevolking Die terrein van die stad is vandag onbewoon. Die naaste nedersetting is die dorp Mit Rahina. Ramings van die grootte van die historiese bevolking verskil grootliks tussen bronne. Volgens T. Chandler het Memphis sowat 30 000 inwoners gehad en was dit verreweg die grootste stad ter wêreld sedert sy stigting tot omstreeks 2250 v.C. en van 1557 tot 1400 v.C.Chandler, Tertius ( thertgreg1987). Four Thousand Years of Urban Growth. K.A. Bard se raming is heelwat laer; hy meen daar was sowat 6 000 inwoners tydens die Ou Ryk.Bard, Encyclopedia of the Archaeology of Ancient Egypt, bl. 250
Geskiedenis duimnael|125px|’n Voorstelling van die god Nefertem, wat hoofsaaklik in Memphis aanbid is (Walters-kunsmuseum). Memphis was vir meer as agt agtereenvolgende dinastieë tydens die Ou Ryk die hoofstad van Antieke Egipte. Sy aansien het ’n hoogtepunt bereik tydens die 6de Dinastie as ’n sentrum vir die aanbidding van Ptah, die god van kunswerke en ambagslui. Die sfinks wat die Tempel van Ptah bewaak, dien as ’n bewys van die stad se voormalige mag en aansien.National Geographic Society: Egypt's Nile Valley Supplement Map. (Deur die kartografie-afdeling)Roberts, David (1995). National Geographic: Egypt's Old Kingdom, Vol. 187, Uitg. 1. Die Memphis-triade bestaan uit die skeppergod Ptah, sy vrou, Sechmet, en hul seun, Nefertem, en dit was die hoofonderwerp van aanbidding in die stad.
Memphis het ná die 18de Dinastie vir ’n kort ruk agteruitgegaan met die opkoms van Thebe en die Nuwe Ryk, maar het weer gebloei onder die Perse voordat dit die tweede plek ingeneem het naas Alexandrië. Onder die Romeinse Ryk het Alexandrië die belangrikste Egiptiese stad gebly. Memphis was die tweede belangrikste stad tot omstreeks 641 n.C. Dit het toe verlate geraak en ’n bron van boumateriaal geword vir die omliggende nedersettings. Dit was in die 12de eeu nog ’n indrukwekkende ruïnekompleks, maar het kort daarna verval in nie veel meer nie as ’n klomp lae ruïnes en verstrooide klippe.
Legendariese geskiedenis duimnael|200px|links|Ramses II (middel) saam met Ptah en Sechmet. Die legende wat Manetho beskryf het, was dat Menes, die eerste farao wat Bo- en Benede-Egipte verenig het, sy hoofstad op die oewers van die Nyl gebou het deur die rivier met dyke te verlê om damme te vorm. Die Griekse historikus Herodotus, wat ’n soortgelyke weergawe gehad het, het vertel hoe die Perse (in dié stadium die opperleenhere van die land) tydens sy besoek aan die stad besonderse aandag aan die toestand van hierdie damme gegee het en die stad het so gespaar gebly van die jaarlikse oorstromings van die Nyl.Herodotus, The Histories (Vol II), § 99 Volgens Herodotus is die stad omstreeks 3100 v.C. gestig, meer as 2 500 jaar voor sy besoek.
Daar is ’n teorie dat Menes dalk ’n mitiese koning was, soortgelyk aan Romulus van Rome. Sommige geleerdes meen Egipte het waarskynlik verenig vanweë ’n behoefte van albei kante af, en hulle het kulturele bande gesmee en handelsvennootskappe gevorm. Maar die feit dat Memphis die eerste hoofstad van die verenigde Egipte was, is onbetwis.Manley, Bill (1997). The Penguin Historical Atlas of Ancient Egypt. Penguin Books.
Ou Ryk Min is bekend oor die stad tydens die Ou Ryk. Dit was die hoofstad van die godagtige farao's, wat van die 1ste Dinastie af vanaf Memphis regeer het. Gedurende die eerste jare van Menes se bewind was die hoofsetel van mag volgens Manetho verder suid, by Thinis.
Volgens Manetho het antieke bronne vertel die "Wit Mure" (Ineb-hedj) is deur Menes laat bou. Dit kan wees dat die koning hom daar gevestig het om sy nuwe verenigde koninkryk beter te kan regeer. Die piramidekompleks van Djoser uit die 3de Dinastie by Saqqara sou dan die koninklike begrafnisterrein gewees het, met al die elemente wat nodig was vir die koninklikes: tempels, altare, seremoniële howe, paleise en kasernes.
Die goue era het begin met die 4de Dinastie en dit lyk of Memphis toe nog belangriker geword het as die koninklike setel waar heersers die dubbele kroon – die goddelike manifestasie van die vereniging van die Twee Lande – ontvang het. Kronings en jubileums soos die Sed-fees is in die tempel van Ptah gevier. Die eerste tekens van sulke seremonies is in die kamers van Djoser gevind.
In dié tyd het die geestelikes van die tempel van Ptah ontstaan. Die belangrikheid van die tempel blyk uit die betalings van kos en ander goedere wat nodig was vir die begrafnisrites van koninklikes en adellikes.Breasted, Ancient Records of Egypt, bl. 109-110. Die tempel word ook op die Palermo-steen genoem en die name van die hoëpriesters van Memphis, wat in pare gewerk het, is bekend van Menkaoera se tyd af tot met die bewind van Teti.
Die argitektuur van hierdie periode was dieselfde as dié by Giza, die koninklike dodeakker van die 4de Dinastie. Onlangse uitgrawings het ontbloot dat die belangrikste fokus van die koninkryk in dié tyd die bou van die farao se grafkelder was. Sterk getuienis van hierdie teorie is die etimologie van die stad se destydse naam, wat ooreenstem met dié van die piramide van Pepi I van die 6de Dinastie. Memphis was die middelpunt van kuns en argitektuur wat gevoed is deur dié monumente.
Al hierdie dodeakkers was omring deur kampe wat bewoon is deur ambagslui en werkers wat uitsluitlik aan die koninklike grafkelders gewerk het. Memphis het vir kilometers in alle rigtings gestrek en ’n ware megalopolis gevorm, met tempels wat deur heilige grond verbind is, en hawens wat deur paaie en kanale verbind is.Goyon, Les ports des Pyramides et le Grand Canal de Memphis, bl. 137-153. Die middelpunt van dit alles was die tempelkompleks van Ptah.
Middelryk duimnael|200px|’n Beeld uit die Middelryk wat deur Ramses II laat restoureer is. Aan die begin van die Middelryk het die hoofstad en hof van die farao suid geskuif na Thebe, en Memphis moes tweede plek inneem. Hoewel die setel van die politieke mag geskuif het, het Memphis miskien die belangrikste handel- en kunssentrum gebly, soos blyk uit vondste van kunswerke en begraafplase wes van die tempel van Ptah.Al-Hitta, Excavations at Memphis of Kom el-Fakhri, bl. 50-51.
Bewyse vir die argitektuur-fokus in dié tyd is ook gevind. ’n Groot graniet-offerandetabel vir Amenemhat I noem die oprigting van ’n tempel deur die koning aan die god Ptah, die "Meester van Waarheid".Mariette, Monuments divers Collected in Egypt and in Nubia, bl. 9 and plate 34A. Ander blokke wat in Amenemhat II se naam geregistreer is, is gebruik as fondament vir groot monoliete van Ramses II. Hierdie konings was betrokke by mynekspedisies, strooptogte en militêre veldtogte oor hul grense heen en het monumente en standbeelde vir die gode laat bou, en amptelike bedrywighede van die koninklike hof is op panele uitgekerf. In die ruïne van die tempel van Ptah is ’n blok in die naam van Senoesret II ontdek met ’n inskripsie oor ’n argitektuurkommissie as geskenk aan die gode van Memphis.Mariette, Monuments divers Collected in Egypt and in Nubia, § Temple of Ptah, excavations 1871, 1872 and 1875, bl. 7 and plate 27A.
Verder is baie standbeelde op die terrein gevind wat deur farao's van die 12de Dinastie laat maak en later deur farao's van die Nuwe Ryk laat restoureer is. ’n Voorbeeld is twee klipreuse wat in die tempel gevind is wat later deur Ramses II laat restoureer is.Brugsch, Collection of Egyptian monuments, Part I, bl. 4 and Plate II.
HerodotusHerodotus, The Histories (Vol II), § 101. en DiodorusDiodorus Siculus, Bibliotheca historica, (Vol I), Ch. 2, § 8. vertel ook dat Amenemhet III die noordelike poort van die tempel van Ptah laat bou het. Oorblyfsels daarvan is tydens uitgrawings gevind om dit te staaf.
’n Belangrike neiging in dié tyd is dat die mastabas van die hoëpriesters van Ptah naby die koninklike piramides by Saqqara gebou is; dit wys die koninklikes en geestelikes het toe noue bande gehad. Die gebruik is in die 13de Dinastie voortgesit, en sommige farao's van dié dinastie is by Saqqara begrawe. Memphis het dus sy plek behou as ’n belangrike sentrum van die monargie.
Met die inval van die Hyksos van Wes-Asië en hul magsoorname omstreeks 1650 v.C., was Memphis onder beleg. Nadat dit oorwin is, is baie monumente en standbeelde van die antieke stad deur die Hyksos-konings afgebreek, gesteel en beskadig, en van hulle is verwyder om hul nuwe hoofstad by Avaris mee te versier.
Nuwe Ryk