Oeserkaf (ook Oesercheres of Oeserkara) was ’n Egiptiese farao en die stigter van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy was die farao wat die tradisie begin het om sontempels by Aboesir te laat bou.Quirke, Stephen (2001). The Cult of Ra: Sun Worship in Ancient Egypt. Thames & Hudson. p. 127 Sy naam beteken "sy siel (ka) is magtig".Clayton, Peter. Chronicle of the Pharaohs, Thames & Hudson Ltd, 1994. p.61 Hy het van 2494 tot 2487 v.C. regeer en het die Piramide van Oeserkaf by Saqqara laat bou.
Familie duimnael|links|150px|Die cartouchenaam van Oeserkaf op die Abydos-koningslys. Oeserkaf kan die kleinseun van Djedefre wees by dié se dogter, Neferhetepes.Ian Shaw The Oxford history of ancient Egypt p.98 Dit is onbekend wie sy pa was. Ander geleerdes glo sy ma was Chentkaoes I (of sy was sy vrou voor hy die troon bestyg het).Aidan Dodson & Dyan Hilton, The Complete Royal Families of Ancient Egypt: A Genealogical Sourcebook of the Pharaohs, Thames & Hudson, 2004. bl. 65
Nog ’n vrou van Oeserkaf was ’n vrou met dieselfde naam, Neferhetepes, wat die ma van Sahoere was.Clayton, p.61 Oeserkaf kon ook die pa van Neferirkare Kakai by Chentkaoes I gewees het.
Sahoere, Oeserkaf se opvolger, was dus waarskynlik sy seun.
Bewind Die presiese lengte van Oeserkaf se bewind is onbekend. Volgens die Turynse Koningslys is dit sewe jaar, terwyl dit blykbaar volgens Manetho 28 jaar was. Daar word egter geglo dit kon nie langer as 12 of 14 jaar gewees het nie.Cf. J.H. Breasted § 153-160, p.68-69
Bedrywighede Nikaankh, ’n amptenaar tydens Oeserkaf se bewind, het ’n koninklike verordening van Oeserkaf laat kopieer in sy mastaba. Daarvolgens het Oeserkaf verskeie koninklike gebiede geskenk vir die onderhoud van die kultus van Hathor.Cf. J.H. Breasted § 216-230, p.100-106 Hy het skynbaar ook begin om die tempel van El-Tod te laat bou, waar hy die oudste genoemde farao is.
Tydens Oeserkaf se bewind kon die handel tussen Egipte en sy Mediterreense buurstate ook hervat gewees het danksy ’n reeks vlootekspedisies wat in sy dodetempel uitgebeeld word.cf. J. Ph. Lauer et A. Labrousse
Monumente duimnael|260px|’n 3D-weergawe van Oeserkaf se sontempel. Oeserkaf se mees innoverende monument is ongetwyfeld sy sontempel by Aboe Gorab. Deeglike uitgrawings is in 1954 deur Herbert Ricke gedoen. Die terrein van die tempel kon gekies gewees het vanweë die nabyheid daarvan aan Sacheboe, ’n kultussentrum van Ra. Die tempel het ’n gebied van 44 × 83 m beslaanHerbert Ricke. The sun temple of King Userkaf 2 vols; Cairo 1965–1969 en is genoem ra:O48-O25Nḫn Rˁ.w, die Fort van Ra.
Daar word geglo die bou van die sontempel dui op ’n skuif van die koninklike kultus van die vroeë 4de Dinastie na dié van die songod, Ra. Die koning is nie meer direk as ’n god beskou nie, maar eerder as die seun van Ra.
duimnael|260px|Die ruïnes van die Piramide van Oeserkaf by Saqqara. Anders as sy voorganger, Sjepseskaf, het Oeserkaf vir hom ’n piramide by Saqqarah laat bou, naby die Piramide van Djoser. Aangesien die kompleks voltooi is, word aanvaar sy bewind was langer as die sewe jaar wat volgens die Turynse Koningslys die geval was.
Verwysings
Bronne
.
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in die 25ste eeu v.C.