Hrabowe (Oekraïens: Грабове, Russies: Грабово) is 'n dorp in die ooste van Oekraïne in die Donetsk-oblast. Die dorp lê oos van stad Donetsk aan die Mius-rivier, wat tewens die grens tussen die Donetsk- en die Loehansk-oblast vorm. Volgens die Oekraïense sensus van 2001 het die plek 'n bevolking van 1 000 inwoners.

Op Donderdag, 17 Julie 2014 stort Malaysia Airlines-vlug 17 naby die dorp neer. Wrakstukke is oor 'n oppervlak van 15 km versprei. Al 298 insittendes kom in die ramp om.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Oekraïne