Roodeplaat Natuurreservaat is 'n beskermde gebied wat aangrensend aan die Roodeplaatdam geleë is, 22 km noordoos van Pretoria, Gauteng.
In 1972 het die Departement van Waterwese en Bosbou die bestuur van die Roodeplaatdam-gebied oorgedra aan die Afdeling Natuurbewaring van die ou Transvaalse Provinsiale Administrasie (TPA). Hul mandaat was om die gebied te ontwikkel as 'n natuurreservaat en buitelug-ontspanningsfasiliteit vir Pretoria se inwoners. Die reservaat is in 1977 geproklameer.
Fotogalery
Eksterne skakels
Roodeplaat Natuurreservaat - ekologiese bestuursplan, Augustus 2007, Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling. Nie-amptelike gids vir die reservaat Roodeplaat inligting by Southern African Birding
Verwysings
Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Gauteng Kategorie:Pretoria