duimnael|links|Pierre Omidyar, stigter en voorsitter van eBay eBay Inc, (gestileer as ebay), is 'n Amerikaanse multinasionale internet verbruiker-na-verbruikerkorporasie, met sy hoofkantoor in San Jose, Kalifornië, VSA. Dit is deur Pierre Omidyar gestig in 1995, en het 'n merkwaardige suksesverhaal tydens die dot-com-borrel. Dit is nou 'n multi-miljarddollar-besigheid en bedryf sake in meer as dertig lande."eBay: The World's Online Marketplace"
Die maatskappy bestuur eBay.com, 'n wêreldwye aanlynveiling- en koopwebwerf wat aan mense en besighede 'n breë verskeidenheid van goedere en dienste te koop aanbied (en namens hul verkoop). Benewens sy veiling-styl verkope, is die webwerf sedertdien uitgebrei om die "Koop nou"-opsie in te sluit. Dit ondersteun ook aanlyn-inkopies deur UPC, ISBN, of ander soorte SKU (via Half.com); aanlyn-geklassifiseerde advertensies (via Kijiji of eBay Classifieds); aanlyn-kaartjieverkope (via StubHub); aanlyngeldoordrag (via PayPal) en ander dienste.
In teenstelling met die algemene opvatting, is dit nie gratis om op eBay te verkoop nie, omrede die webwerf gebruikers maandeliks faktureer.
duimnael|links|eBay se hoofkantoor in San Jose, Kalifornië.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Amerikaanse webwerwe Kategorie:Internetdiensteverskaffers