Sir Alfred Joseph Hitchcock KBE (13 Augustus 1899 tot 29 April 1980) was ’n Britse rolprentregisseur en -vervaardiger. Hy is dikwels "die Meester van Spanning" genoem en het baie tegnieke ontwikkel in die spanning- en rillergenres. Ná ’n suksesvolle loopbaan in Brittanje in stil- en vroeë praatrolprente, het hy in 1939 Hollywood toe getrek.Life, 19 Junie 1939, p. 66: Alfred Hitchcock: England's Best Director starts work in Hollywood. URL besoek op 4 Oktober 2012 Hy het in 1955 ’n Amerikaanse burger geword.

In sy loopbaan van langer as ’n halfeeu het Hitchcock sy eie regisseurstyl ontwikkel. Hy het ’n kamerategniek geskep wat so beweeg dat dit lyk of dit die akteur se blik volg en so het hy die gehoor in staat gestel om ’n soort voyeurisme te beleef. Hy het skote geraam om angstigheid, vrees of empatie te verhoog en het geïnnoveerde regisseurstegnieke gebruik. Sy prente het dikwels mense uitgebeeld wat voor die gereg vlug en baie van die vroulike karakters was blondines. Sy rolprente het dikwels uitbeeldings van geweld, moord en misdaad en ’n onverwagte einde gehad. Van hulle het ook temas ontleen aan psigoanalise en het sterk seksuele ondertone gehad. Danksy sy kameerolle in baie van sy rolprente het Hitchcock ’n kultuurikoon geword.

Hitchcock het in sowat ses dekades altesaam 50 rolprente geregisseer. Hy word dikwels as die beste Britse regisseur van alle tye beskou en het die eerste plek behaal in ’n meningsopname in 2007 in die Britse Daily Telegraph, wat geskryf het: "Hitchcock is onteenseglik die beste rolprentmaker wat hierdie eilande opgelewer het en hy het meer as enige ander regisseur gedoen om die moderne rolprentwese te vorm, wat heeltemal anders sou gewees het sonder hom. Hy het ’n aanleg gehad vir die vertellende styl en het op ’n wrede manier belangrike inligting weerhou (van sy karakters en van ons), en so die gehoor se emosies betrek soos niemand anders nie." Die tydskrif MovieMaker het hom beskryf as die invloedrykste regisseur van alle tye, en hy word wyd beskou as een van die rolprentwese se belangrikste kunstenaars.

Vroeë lewe Hitchcock is op 13 Augustus 1899 in Leytonstone (toe deel van Essex, nou van Londen) in Engeland gebore as die tweede seun en jongste kind van William Hitchcock (1862–1914), ’n vrugte-, groente- en pluimveehandelaar, en Emma Jane Hitchcock (gebore Whelan; 1863–1942). Hy het skoolgegaan aan die Salesian College en die Jesuïetekollege St. Ignatius' College in Londen.

Toe Hitchcock 15 was, is sy pa oorlede. Hy het daarna aan ’n ingenieurskool in Poplar, Londen, studeerPatrick McGillang, p. 25. en toe ’n tegniese tekenaar en advertensie-ontwerper geword by ’n maatskappy met die naam Henley's.Patrick McGilligan, pp. 24–25 Met die Eerste Wêreldoorlog is hy afgekeur vir militêre diens weens sy oorgewig. Tog het hy in 1917 by ’n kadetregiment van die Royal Engineers aangesluit.

Toe Henley's in 1919 ’n maatskappypublikasie, The Henley Telegraph, stig, het Hitchcock dikwels kort artikels daarvoor geskryf en gou een van die mees gereelde bydraers geword. In dié tyd het hy ook in fotografie begin belangstel en in Londen in die rolprentwese begin werk. In 1920 het hy ’n voltydse pos by Islington Studios gekry as ontwerper van stilrolprente se onderskrifte.Patrick McGilligan, pp. 46–51 Sy opgang na rolprentregisseur het vyf jaar geduur.

Britse loopbaan duimnael|links|Hitchcock (regs) tydens die maak van Number 13. Hitchcock het heelwat teenspoed gehad met sy eerste paar films. Die eerste, met die gepaste naam Number 13,Donald Spoto. The Art of Alfred Hitchcock. New York: Anchor Books, 1976–1992. p. 3 se vervaardiging is beëindig weens finansiële probleme. In 1925 het Michael Balcon van Gainsborough Pictures hom die geleentheid gegee om ’n prent in Duitsland te regisseer: The Pleasure Garden. Dit was ’n kommersiële mislukking.Patrick McGilligan, pp. 68–71 Sy volgende prent, The Mountain Eagle, het nes die ander eindelik verlore geraak.Donald Spoto. The Art of Alfred Hitchcock. New York: Anchor Books, 1976–1992. p. 5

In 1926 was Hitchcock gelukkiger met sy eerste riller, The Lodger: A Story of the London Fog. Dit was ’n spanningsprent oor ’n Jack the Ripper-tipe reeksmoordenaar in Londen.Robert A. Harris, Michael S. Lasky. "The films of Alfred Hitchcock". p.6. Citadel Press, 1976 Dit is in Januarie 1927 uitgereik en was ’n groot kommersiële sukses in Brittanje.See Robert E. Kapsis, Hitchcock: The Making of a Reputation. Illustrated Edition. (University of Chicago Press, 1992). p. 19 Ná die sukses van The Lodger het Hitchcock ’n publisiteitsagent gehuur om te help bou aan sy groeiende reputasie. Op 2 Desember 1926 is Hitchcock getroud met sy assistentregisseur, Alma Reville. Hul dogter en enigste kind, Patricia, is op 7 Julie 1928 gebore.

In 1929 het Hitchcock aan die prent Blackmail begin werk. Terwyl hulle besig was met die vervaardiging, het die ateljee, British International Pictures (BIP), besluit dit moet ’n klankprent wees. Die prent word dikwels ’n mylpaal genoem en beskou as die eerste Britse dialoogrolprent.Rob White, Edward Buscombe. British Film Institute film classics, Volume 1 p. 94. Taylor & Francis, 2003Richard Allen, S. Ishii-Gonzalès. Hitchcock: past and future. p.xv. Routledge, 2004Music hall mimesis in British film, 1895–1960: on the halls on the screen p.79. Associated University Presse, 2009 Die klimaks van die rolprent speel af op die koepel van die Britse Museum, en dit was die begin van Hitchcock se tradisie om bekende landmerke as die agtergrond vir spanningstonele te gebruik. Hy het ook sy langste kameerol daarin gehad, dié van ’n man wat op ’n moltrein deur ’n seuntjie lastig geval word.Walker, Michael (2005). Hitchcock's motifs. p.88. Amsterdam University Press

In 1933 het Hitchcock weer vir Michael Balcon gewerk by Gaumont-British Picture Corporation. Sy eerste prent vir die ateljee, The Man Who Knew Too Much (1934), was ’n sukses en sy tweede, The 39 Steps (1935), word dikwels beskou as een van sy bestes in sy vroeë periode in Brittanje; die British Film Institute beskou dit as die vierde beste Britse rolprent van die 20ste eeu. Dit was ook in Amerika gewild en het Hitchcock ’n ster in dié land gemaak. Dit het die tradisie gevestig van die Engelse "Hitchcock-blondine" in sy prente."From Hollywood starlet to wartime angel". Daily Mail. URL besoek op 16 Februarie 2014

Sy volgende groot sukses was The Lady Vanishes (1938), ’n prent in ’n vinnige trant oor die soektog na ’n vrou wat op ’n trein in ’n denkbeeldige land verdwyn het. Sy gewildheid het nou nog toegeneem oorsee. Die New York Times het berig daar is drie waardevolle Britse instellings wat Amerika nie het nie: die Magna Carta, Tower Bridge en Alfred Hitchcock.Leff, 1999. p. 16 Die tydskrif Variety het na hom verwys as "moontlik die beste vertelstyl-regisseur in Engeland".Leff, 1999. p. 21. David O. Selznick het hom ’n kontrak vir sewe jaar aangebied en in 1939 het die Hitchcocks na Hollywood getrek.Leff, 1999. p. 35.

Hollywood In Hollywood het die spanning en galgehumor wat Hitchcock se handelsmerk geword het, steeds in sy rolprente voorgekom. Die werkomstandighede was egter nie baie goed nie; Selznick het dikwels geldelike probleme gehad en Hitchcock was dikwels ontevrede oor Selznick se beheer oor sy werk. Selznick het Hitchcock meer aan die groter ateljees verhuur as wat hy self Hitchcock-prente vervaardig het. Daarby het Selznick net ’n paar prente per jaar gemaak en het hy nie altyd projekte vir Hitchcock gehad nie.

Hitchcock se eerste goeie prent in Amerika was Selznick se Rebecca (1940), met Laurence Olivier en Joan Fontaine. Dit het in 1941 die Oscar vir beste prent gewen. Die Oscar het gegaan aan Selznick, as die vervaardiger. Hitchcock is benoem as beste regisseur, die eerste van vyf keer, maar het nie gewen nie. Sy tweede Amerikaanse prent, Foreign Correspondent (1940), wat in Europa afspeel, is in dieselfde jaar as beste prent benoem.

1940's

Hitchcock se rolprente in die 1940's was uiteenlopend; dit het gewissel van die romantiese komedie Mr. & Mrs. Smith (1941) tot die hofdrama The Paradine Case (1947) en die donker en ontstellende film noir Shadow of a Doubt (1943).

Suspicion (1941) was Hitchcock se eerste prent as regisseur én vervaardiger. Dit was die eerste keer dat die akteur Cary Grant saam met hom gewerk het. Joan Fontaine het vir haar spel ’n Oscar as beste aktrise gewen.

Saboteur (1942) was die eerste van twee prente wat Hitchcock vir Universal Studios gemaak het. Hy was verplig om die Universal-kontrakakteurs Robert Cummings en Priscilla Lane te gebruik, wat albei bekend was vir hul rolle in komedies en ligte dramas.Patrick Humphries (1994). "The Films of Alfred Hitchcock". p. 71.Random House Value Pub, In dié jaar het hy ook Have You Heard? gemaak.

Shadow of a Doubt (1943) was Hitchcock se gunsteling van al sy prente en die tweede een vir Universal. Hy het sy persoonlike geboeidheid met misdaad en misdadigers gewys met ’n toneel waarin twee karakters verskeie maniere bespreek waarop ’n mens iemand kan vermoor.

Hitchcock het weer vir Selznick gewerk toe hy Spellbound (1945) regisseer waarin psigoanalise verken word. Dit bevat ’n droomtoneel wat deur Salvador Dalí ontwerp is. Gregory Peck en Ingrid Bergman het daarin gespeel.

In 1946 het Notorious gevolg, met Grant en Bergman. Dit was ’n reusesukses by die loket en is steeds een van Hitchcock se prente wat die hoogste aangeslaan word. Weens sy gebruik van uraan as deel van die storielyn is hy vir ’n kort ruk deur die FBI dopgehou. Hy het ook navraag gedoen oor die bou van ’n atoombom, maar Selznick het gemeen dit is "wetenskapsfiksie". Kort daarna, in Augustus 1945, was die atoombomme op Hirosjima en Nagasaki in Japan in die nuus.Patrick McGilligan, pp. 366–381

Ná nog ’n prent vir Selznick het Hitchcock sy eerste kleurprent gemaak: Rope (1948). Hy wou die hele prent in een skoot opneem, maar die langste film wat ’n kamera op ’n slag kon hou, was 10 minute lank. Die prent is toe in ’n paar skote geskiet, maar van die oorgange tussen skote is verdoesel deur ’n donker voorwerp die hele skerm te laat vul. Die volgende skoot is dan van presies dieselfde plek geneem. James Stewart was in die hoofrol. In 1949 het Under Capricorn gevolg. Hitchcock het vir dié twee prente sy eie produksiemaatskappy gestig saam met Sidney Bernstein, maar dit het ophou prente vervaardig ná dié twee onsuksesvolle pogings. Hitchcock het hierna vir die res van sy lewe sy eie rolprente vervaardig.

1950's duimnael|links|James Stewart en Grace Kelly in Rear Window (1954). In 1950 het Hitchcock Stage Fright in Brittanje gemaak. Vir die eerste keer het hy een van Warner Bros. se gewildste sterre, Jane Wyman, en die Duitse aktrise Marlene Dietrich saam in ’n prent gebruik. Hy het ook verskeie vooraanstaande Britse akteurs gebruik soos Michael Wilding, Richard Todd en Alastair Sim.

Ná I Confess (1953) met Montgomery Clift het drie gewilde prente met Grace Kelly gevolg. Die eerste was Dial M for Murder (1954). In dieselfde jaar het hy Rear Window vir Paramount Pictures gemaak met James Stewart en weer Kelly. In 1955 het Hitchcock ’n Amerikaanse burger geword.Patrick Mcgilligan, p. 512 Sy derde Kelly-rolprent, To Catch a Thief (1955), het ook Cary Grant ingehad. Ondanks ’n liggewig-storielyn was die prent ’n kommersiële sukses.Leitch, p. 366 Dit was sy laaste prent met Kelly; sy is in 1956 met prins Rainier III van Monaco getroud en die idee dat sy nog prente maak, was nie gewild in dié land nie.

Hitchcock het in 1956 sy eie 1934-prent The Man Who Knew Too Much oorgemaak. Dié keer was Stewart en Doris Day in die prent te sien. Day het die temalied, "Que Sera, Sera (Whatever Will Be, Will Be)", gesing en dit het die Oscar vir beste oorspronklike liedjie gewen.

duimnael|James Stewart en Kim Novak in Vertigo (1958).