Thomas Maskew Miller (1863 - 1926) was 'n Suid-Afrikaanse boekhandelaar en uitgewer. Miller begin sy bekende uitgewery in 1893 as 'n familiebesigheid nadat hy aanvanklik by Darter Brothers & Walton gewerk het. Hy het takke in Kaapstad, Pretoria en Bulawayo geopen. Aanvanklik voer hy boeke en skryfbehoeftes van die buiteland in, maar het later self boeke begin publiseer.Kaapse uitgewer 100 jaar oud, Die Burger, 6 April 1993Uitgewers vier groot fees Virago vestig homself as uitgewer van feministiese boeke, Beeld, 13 September 1993

Die takke in Pretoria en Bulawayo is slegs van 1901 tot 1914 bedryf. In 1924 het die firma 'n beperkte maatskappy geword en die drukkery se naam is na Maskew Miller Beperk verander. Die twee drukkerye het 24 kinderboeke oor die tyd gedruk, hoewel hulle hoofsaaklik op handboeke vir skole gefokus het. Hulle reeks vir kinders het poësie, fiksie en kortverhale ingesluit, asook 'n reeks genaamd Maskew Miller se Afrikaanse Leesboekies.

Maskew Miller se maatskappy het in 1983 met Longman saamgesmelt om Maskew Miller Longman te vorm. Vandag is Maskew Miller Longman deel van Pearson Education, wat op sy beurt deur Pearson plc besit word.A quantitative approach to a publishing history of South African children’s literature in English, besoek op 15 Julie 2014

Publikasies Enkele van die boeke wat hy uitgegee het ter illustrasie:

Maskew Miller's Miniature English Dictionary in the Simplified (Kollewijn) Dutch Spelling. English-Dutch and Dutch-English; 1909 Maskew Miller's Twintig Stellen Proefopgaven Voor Het Hollands; Kaapstad & Pretoria, 1912 Maskew Millers Hollandse Taalboek voor standaards IV en V.; 1914 My eerste Leesboekies; deur H.J.M. Scheepers, 1919 (die eerste leesboeke in Afrikaans!) Maskew Miller se Korte Afrikaans-Engelse woordelysie; deur H.J.M. Scheepers; 1922 Sketse uit die Geskiedenis... Oorgesit in Afrikaans deur H.J.M. S(cheepers); 1922 Maskew Miller se Afrikaanse Leesboekies; Saamgestel deur F. W. Reitz (tweede en verbeterde uitgawe); Kaapstad, 1923 Maskew Miller se Meetkunde ... Vertaal Deur J. Steph. V. D. Lingen; Kaapstad, 1924 Maskew Miller se korte geskiedenis van Suid-Afrika (met vele illustrasies) vir die gebruik in skole; deur Thomas Young, George McCall Theal en Francis William Reitz, Kaapstad, 1926 Maskew Miller's Pleasant Stories for Young Readers; 1929 Maskew Miller se Handelsreeks; 1938 Maskew Miller se Toetsoefeningkaarte in Rekenkunde; Kaapstad, 1940

Verwysings

Eksterne skakels Maskew Miller Longman se tuisblad

Kategorie:Geboortes in 1863 Kategorie:Sterftes in 1926 Kategorie:Uitgewery Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs