duimnael|293px|Toyotafabrieke oor die wêreld heen
Toyota (Japannees: トヨタ自動車株式会社) is 'n reuse Japannese motorvervaardiger met sy hoofkantoor in Toyotastad, Aichi, Japan. Sedert 1933 vervaardig die maatskappy voertuie met die grootste afsetgebied vir sy produkte in Japan, Europa, Afrika, Asië en Noord-Amerika. Die Toyota Motor Co is in 1937 as 'n onafhanklike maatskappy gestig. In 2008 oortref Toyota se verkope dié van General Motors, wat Toyota sederdien nommer een in die wêreld maak.
Toyota is wat navorsing en ontwikkeling betref een van die leiers op die gebied van motorenjins wat alternatiewe brandstof gebruik. So is hulle hibriedmotor, 'n Prius, reeds vir 'n paar jaar op die mark. Dit maak primêr gebruik van 'n elektriese motor vir meeste aandrywing, wat slegs deur 'n binnebrandenjin ondersteun word wanneer ekstra krag of 'n versnelling van die voertuig benodig word.
Eksterne skakels
Toyota se amptelike wêreldwye webwerf Dealer Toyota Indonesia Toyota se nuutste modelle
Kategorie:Japannese motorvervaardigers