Tammy-Anne Fortuin is 'n TV-aanbieder, aktrise en 'n voormalige skoonheidskoningin. Sy is in die Paarl gebore en haar sake-adres is Oranjestraat 46, Kaapstad.
Loopbaan Tammy-Anne Fortuin is 'n aktrise en regisseur, bekend vir Recovery (2013), Babalas (as Mia Moolman) (2013) en Proesstraat ('n enkele episode in 2010). Internet-rolprentdatabasis-profiel
Sy het die multi-bekroonde kosmaakreeks Roer op kykNET aangebied en is 'n vervaardiger en aanbieder van die tydskrifprogram "All Access" op M-Net/Mzansi Magic, 'n tweemalige wenner van die Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekenning (SAFTA). Haar krediete vir televisie sluit ook bykomende werk in vir die BBC, M-Net, KykNET, Supersport en die GO-kanaal op DStv.
Skoonheid Tammy-Anne is as die eerste prinses vir Cindy Nell gekroon by die Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie in 2002.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieaanbieders Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in die 1980's Kategorie:Lewende mense