Die Kougarivier is 'n rivier wat naby Uniondale in die Oos-Kaap, Suid-Afrika ontspring. Dit vloei na die ooste, waar dit aansluit by die Grootrivier om die Gamtoos te vorm ná die Kougadam. Sy belangrikste sytak is die Baviaansrivier, wat by sy linkerbank aansluit net voor die dam.Fish to Tsitsikamma WMA 15 Hierna vloei die rivier deur die GamtoosvalleiGamtoos System Report op sy laaste tog van 50 km om uit te mond in die Indiese Oseaan naby Humansdorp.

Ekologie In 1995 is eksemplare van die Kaapse galaxias (Galaxias zebratus), 'n Suid-Afrikaanse visspesie wat endemies is aan die Kaapse Florastreek, in die Kouga- en die Kromrivier gevind. Tot op daardie stadium, is gemeen dat die verspreiding van die vis tot die gebied tussen die Keurboomsrivier en die Olifantsrivier beperk is.Freshwater Ichthyology - The Cape galaxias Galaxias zebratus Alhoewel die relatief delikate vis in Suid-Afrika net as naby-bedreig geklassifiseer word, is spesies van dieselfde genus in Australië tot uitwissing gedryf deur mededingende salmsoorte en ander ingevoerde spesies van vis."Biodiversity, Alien trout, and the So what attitude"

duimnael|links|Die Kougadam se wal Die Kougaberge, noord van die rivier, die Kougadam en die Kouga en Kou-Kamma Munisipaliteite is vernoem na hierdie rivier.

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Verwysings

Notas

Kategorie:Riviere in Oos-Kaap