Die 2014 Curriebekerkwalifiseringstoernooi is ’n rugbykompetisie wat in 2014 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word om te bepaal welke span in die Premierafdeling speel. Die toernooi word tussen sewe spanne gespeel tussen Junie en Julie. Die wenner sal in die Premierafdeling speel terwyl die oorblywende ses spanne om die Eerste Afdeling sal meeding.
Toernooi Op 13 Februarie 2014 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat die Premierafdeling van die Curriebeker van ses na agt spanne vergroot sou word. Die boonste vyf spanne van 2013, die Natalse Haaie, Westelike Provinsie, Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus en Blou Bulle het bevestigde deelname in die 2014-reeks gehad, asook die boonste twee spanne van die Eerste Divisie nl. die Pumas en die Oostelike Provinsie.
Die span wat laaste geëindig het in die Premierafdeling in 2013, die Griekwas, saam met die oorblywende spanne van die Eerste Divisie, die Luiperds, Boland Kavaliers, SWD Arende, Griffons, Grens Bulldogs en Valke speel in die kwalifiseringstoernooi met die wenner wat kwalifiseer vir deelname aan die Premierafdeling.
Die sewe spanne speel een keer teen mekaar in ’n tuis- óf wegwedstryd. Spanne kry vier punte vir ’n oorwinning en twee vir ’n gelykopuitslag. Bonuspunte word toegeken vir spanne wat vier of meer drieë druk in ’n wedstryd en aan spanne wat met sewe punte of minder verloor. Spanne sal eers volgens ligapunte en dat volgens punteverskil gerangskik word.
Die span wat bo-aan die punteleër eindig kwalifiseer vir die Premierafdeling terwyl die ses oorblywende spanne in die Eerste Divisie sal speel.
Spanne 2014 Curriebekerkwalifiseringstoernooispanne Span Stadion Boland Kavaliers Bolandstadion, Wellington Grens Bulldogs Buffalo City-stadion, Oos-Londen Valke Barnardstadion, Kempton Park Griffons Noordwes-stadion, Welkom Griekwas GWK-park, Kimberley Luiperds Profert Olënpark, Potchefstroom SWD Arende Outeniekwapark, George
Tabel PosNaamSWGVPVPT+/−BPTabelpunte1Griekwas6 6 0 0 246 101 +145 4 282Luiperds6 5 0 1 356 141 +215 7 273Griffons6 3 0 3 183 213 −30 6 184SWD Arende6 3 0 3 163 245 −82 3 155Boland Kavaliers6 2 0 4 140 156 −16 4 126Valke6 2 0 4 193 223 −30 2 107Grens Bulldogs6 0 0 6 118 320 −202 2 2Opgedateer op 20 Julie 2014
Tabel notas Pos = Tabel Posisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT) BP = Bonuspunt Spanne kan tot twee bonuspunte in 'n rondomtaliewedstryd verdien. Een bonuspunt word toegeken vir 'n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. 'n Bonuspunt word ook toegeken aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan 'n maksimum van 2 bonuspunte verkry. Pte = Alle tabelpunte bymekaargemaak.
Wedstryddatums DatumDatumWeek 16-7 JunieWeek 54-5 JulieWeek 213-14 JunieWeek 612 JulieWeek 320-21 JunieWeek 719 JulieWeek 428 Junie
Nota: Tye, datums en wedstrydplek is onderhewig aan verandering
Week 1
Loslootjie: Valke
Week 2
Loslootjie: Grens Bulldogs
Week 3
Loslootjie: Griffons
Week 4
Loslootjie: Luiperds
Week 5
Loslootjie: Griekwas
Week 6
Loslootjie: SWD Arende
Week 7
Loslootjie: Boland Kavaliers
Spelerstatistieke
Voorste driedrukkers Top 8 driedrukkers (Statistiek)PosNaamDrieëGespeelSpan 1 Luther Obi 10 6 Luiperds Sylvian Mahuza 10 5 Luiperds 3 Marnus Schoeman 7 6 Griekwas 4 Carel Greeff 6 6 Griekwas Juan Language 6 6 Luiperds Norman Nelson 6 6 Griffons 7 Juan Kotzé 5 6 Valke Riaan Arends 5 5 Valke
Voorste puntemakers
Voorste 9 puntemakers (Statistiek )PosNaamPunteGespeelSpan1Juan Kotzé93 (5 Drieë, 19 Doel, 8 Straf, 2 Skep) 6 Valke2André Pretorius83 (37 Doel, 2 Straf, 1 Skep) 6 Luiperds3=Luther Obi50 (10 Drieë) 6 Luiperds3=Sylvian Mahuza50 (10 Drieë) 5 Luiperds5Eric Zana49 (4 Drieë, 7 Doel, 5 Straf) 6 Boland Kavaliers6Masixole Banda43 (1 Drie, 10 Doel, 6 Straf) 6 Grens Bulldogs7=Marnus Schoeman35 (7 Drieë) 6 Griekwas7=Nico Scheepers35 (1 Drie, 9 Doel, 4 Straf) 4 Griekwas9Karlo Aspeling31 (11 Doel, 3 Straf) 6 SWD Arende
Verwysings
Kategorie:Curriebeker Kategorie:Sport in 2014