Aliwal-Noord-lughawe (IATA-kode: geen, ICAO: FAAN) is 'n baie klein lughawe in Aliwal-Noord, Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die lughawe beskik oor drie ongeteerde aanloopbane, 'n teerparkeerblad en een loods. Dit word meestal op naweke gebruik deur amateurvlieëniers wat met hul eensitplekvliegtuie 'n uitstappie neem oor die pragtige berglandskap van die omgewing.

Ongeveer driekeer per jaar word 'n sogenaamde. "invlieg"-byeenkoms gehou, waartydens heelwat privaattuie van sover as Gauteng, Bloemfontein en George na die dorp toe invlieg vir 'n vliegbyeenkoms en uitstalling van vliegtuie.

Klimaat Die klimaat by Aliwal-Noord-lughawe is koel tot medium-warm. Die gemiddelde dagtemperatuur is 18 °C. Die warmste maand is Januarie op 26 °C, en koudste Julie, met 7 °C. Die gemiddelde reënval is 751 millimeter per jaar. Die natste maand is Februarie met 144 mm reën, en die droogste is Mei met 9 mm.

Lugdienste en bestemmings Geen geskeduleerde vlugte

Navigasiehulp Ongerigte radiobaken Geen aanloopbaanligte

Bron www.pictaero.com Aliwal-Noord

Verwysings

Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika