Die Campbell-monument herdenk die vloed wat die Baviaanskloof (tussen Willowmore en Hankey) in die Oos-Kaap op Vrydag 5 Mei 1916 getref het en die inwoners wat tydens die ramp dood is. Vier lede van die Campbell-familie lê in 'n gesamentlike graf in die plaaskerkhof van die plaas Damsedrif, destyds bekend as Onderste Klipfontein. Die gedenknaald is in 1999 deur die Baviaanskloof-landbouvereniging opgerig en staan net oos van Studtis aan die noordekant van die pad op die plaas Kleinpoort-Wes. P.H. Nortjé het sy boek Die wildedruif val op hierdie gebeure gebaseer.
Bibliografie Nortje, P.H.: Die wildedruif val. Kaapstad: Tafelberg, 1984. Scheltema, J.C.: Baviaanskloof Stories. Baviaanskloof Toerismevereniging, 2007.
Eksterne skakels
https://www.baviaansklooftourism.co.za/listing/campbell-monument_18_2017
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika