P.H. Nortjé (1920–2012) was 'n skoolhoof en later vise-rektor van Wellington Onderwyskollege. As skrywer raak hy veral bekend vir sy jeugverhale (waarvoor hy die Scheepersprys verwerf) en sy outobiografiese sketse en anekdotes.
Lewe en werk Peter Henry (P.H.) Nortjé is op 20 Oktober 1920 as die jongste van vier kinders op die plaas Klipfontein, naby Willowmore in die Baviaanskloof gebore. Hy is die jongste van vier kinders, twee seuns en twee dogters, van Charles Henry (Charlie) Nortje en Gertruida Susanna (Gerty) Smith. Sy oupa aan moederskant is Petrus Hendrik Smith, ’n direkte afstammeling van die Britse Setlaars, na wie hy vernoem is en Henry kry op sy oupa se aandrang die Engelse vorm van die name. Henry se broer is Johannes Gerhardus Francois (Francis) en sy susters is Susie en Sally. Sy skoolopleiding begin by ’n plaasskool, die Eendracht Primêre Skool. Hier is sy vordering so goed dat hy aan die einde van sy Sub B-jaar sommer direk oorgeplaas word standerd twee toe. Na standerd ses, destyds die laaste jaar van laerskool,. Hy matrikuleer op Willowmore en studeer daarna aan die opleidingskolleges van Oudtshoorn en die Paarl. In 1951 verwerf hy 'n M.Ed-graad van die Universiteit van Stellenbosch..
Nortjé begin in 1941 op Douglas skoolhou. Daarna beklee hy verskeie poste by skole op King William’s Town, Riversdal en Wellington. In 1954 trek hy en sy familie na Wellington, waar hy die eerste skoolhoof van die Hugenote Laerskool word. Hy was vir 8 jaar die skoolhoof, waarna hy as dosent en later vise-rektor van die Wellington Opvoedkundige Kollege aangestel is Hoewel hy hier baie gelukkig is in sy werk, besef hy dat hy sy kwalifikasies sal moet verbeter om beroepsvordering te maak, beginnende met die Hoër Tweetaligheidsertifikaat. Hy bedank dan uit hierdie pos om ’n pos aan ’n Engelse skool te kry waar hy sy Engels kan verbeter en gee dan vanaf 1944 onderwys aan die Hoërskool Umtata in die Oos-Kaap. Hier word hy ernstig siek aan maagkoors en spandeer eindelik ses weke in die hospitaal, waarna hy vir die res van die kwartaal siekverlof neem om by die plaas in Baviaanskloof aan te sterk. Hy skryf in 1946 by die Paarl Onderwyskollege in vir ’n vierdejaarskursus in Liggaamlike Opvoeding vir die volgende jaar, maar beseer sy knie tydens die Junievakansie in 1946 so erg tydens ’n rugbywedstryd vir Willowmore se dorpspan dat hy hierdie studies moet laat vaar. Vanaf Julie 1947 aanvaar hy ’n pos as liggaamlike opvoeding onderwyser aan die Dale Kollege in Kingwilliamstown, waar hy aan ’n plaaslike onderwyskollege die matriekvak Engels op Hoërgraad met onderskeiding afskryf. Hierna studeer hy vanaf Januarie 1949 verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy tuisgaan in Huis Visser en aan die einde van daardie jaar as juniorkaptein en onder-primarius van die koshuis verkies word. In 1950 verwerf hy die B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Geografie as hoofvakke en in 1951 die M.Ed.-graad, laasgenoemde met lof. Hy dien in sy laaste jaar op die Studenteraad. In hierdie tyd op universiteit ontmoet hy sy toekomstige vrou, Mikie van Zyl, ’n onderwyser oorspronklik van Bonnievale, met wie hy aan die einde van 1952 trou. Hulle het drie seuns, Charl, Francois en Pierre Henri, wat almal in verskeie van sy sketse figureer.
Vanaf 1952 gee hy vir ’n jaar skool aan die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal en dan vir ’n jaar aan die Hoërskool Langenhoven op Riversdal, waarna hy aan die begin van 1954 ’n pos aanvaar as eerste hoof van die Hugenote Laerskool op Wellington. In Januarie 1962 word hy dosent in Opvoedkunde aan die Wellingtonse Onderwyskollege en in 1968 word hy bevorder tot vise-rektor van hierdie kollege. In 1982 neem hy waar as rektor van die kollege en tree ook aan die einde van hierdie jaar af. Weens sy bekwaamheid dien hy in hierdie jare op verskeie komitees van die Onderwysdepartement. Hy en sy vrou vestig hulle in 1983 na sy aftrede in die Strand en vir die laaste sowat tien jaar van sy lewe bly hy hier in die Serenitas-aftreeoord. In 2007 is sy vrou oorlede en hy is op 6 Julie 2012 in die Strand aan hartversaking oorlede. Hy het drie seuns en agt kleinkinders agtergelaat.PH Nortjé op kakkerlak.co.za, besoek op 28 Junie 2014]
Skryfwerk
Prosa vir volwassenes Reeds op negentienjarige leeftyd as student in die Paarl skryf hy stories vir Die Jongspan, maar begin eers teen die einde van die vyftigerjare ernstig skryf aan jeugverhale. Hy is by uitstek ’n skrywer wat sy jeugherinneringe en die grootwordjare van sy kinders in veral humoristiese sketse verwerk. Daarmee saam skets hy die kleurryke karakters en leefwyse van ’n verbygegane tyd en lewer só ’n belangrike bydrae tot die kultuurhistoriese erfenis van die Afrikaner, terwyl hy ook verslag doen van die doen en late van die mense van sy dorp, Wellington. Hierdie sketse verskyn aanvanklik gereeld in Die Huisgenoot en word later gebundel in ’n hele aantal bundels soos “Nuut onder die son”, “Aan die sonkant”, “Op die sonpad”, “Matewis se mense gaan boer”, “Bly of gly” en “Klein Hollywood”.
“Nuut onder die son” is die eerste bundel met sketsverhale waarin die lewe van die gesin op humoristiese wyse uitgebeeld word. In die alledaagse dinge, selfs dié wat jou soms frustreer, sien die skrywer telkens die humor raak. “Aan die sonkant” bevat die verhaal “Ter wille van ’n orrel”, wat waarskynlik Nortje se mees gelese en gewildste storie is. Na publikasie in Die Huisgenoot ontvang hy briewe van heinde en ver van mense wat verklaar hoe hulle dit geniet het. Die kerk benodig fondse om die kerkorrel te herstel en besluit op ’n ou-krok rugbywedstryd tussen die ouderlinge en die diakens om die geld in te samel. Toe die ouderlinge begin verloor, maak hulle ’n plan. Hulle maak Ou Groot Hennie Basson kwaad en op uiters vermaaklike wyse haak die ouderlinge eindelik die knoop deur.Wiehahn, Rialette “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 3, September 1975 “Op die sonpad” bevat tien sketse waarin hy veral sy gesin se wel en wee op Wellington uitbeeld. Hoewel die gesinslede gedurig met mekaar korswel, staan hulle bymekaar deur dik en dun. Hulle verklaar byvoorbeeld oorlog teen die molle in die tuin, verjaag die bewonderaars van hulle spanjoel-tefie Trinkie en bou self die nuwe motorskuiling – maar in al hierdie ondernemings gaan dinge natuurlik nie altyd volgens plan nie. In “Matewis se mense gaan boer” bevind die hele gesin en hulle troeteldiere (die papegaai Matewis, die spanjoel-tefie Trinkie en die Siamese kat Sebastiaan) hulle in die Baviaanskloof tussen Willowmore en Humansdorp. Hier pas hulle een Kersvakansie die familieplaas Klipdrif op. Daar is egter ’n lang lys van noodsaaklike take wat verrig moet word, meestal totaal vreemd vir die dorpenaars. Hulle moet slaghane vang, sybokke dip, lappiesbome uithaal, draadheining bou en volstruise pluk, met teenspoed wat die onkundige gesin telkens in die gesig staar. Dit lei tot vele humoristiese insidente, maar tussenin kry hulle ook baie geleentheid om te kan nadink. In “Bly of gly” moet Pa en Ma besluit of hulle veilig in Wellington wil bly of Europa op ’n toer wil gaan aandurf. Hulle besluit op laasgenoemde en die boek beskryf hulle wedervaringe op reis.Brink, André P. “Rapport” 30 Januarie 1983“Klein Hollywood” bevat sketse en vertellings oor hoofsaaklik grappige gebeurtenisse in die gemeenskap soos wanneer die televisie die diens by die gemeente kom dek en almal in rep en roer het, ’n jagtog in die Karoo, ’n optog om Wellington se gemeenskap aan te moedig om plaaslik te koop, ’n lywige man op skaatse en nuwelinge wat ook probeer perdry. Soos die titel aandui, word dit naderhand ’n hele spektakel.J.H. “Die Vaderland” 14 November 1975 “Operasie sonskyn en ander leesavonture” is ’n bundel met sketse oor allerlei onderwerpe, insluitende die eerste kernaangedrewe duikboot die Nautilus, Michelangelo, Helen Keller, die twee Suid-Afrikaanse tieners wat Amerikaanse miljoenêrs se lewens red en die interessante vlermuis. Danie Botha bundel ’n keur van sy beste verhale inDe Vries, Izak “Die Burger” 23 November 1993 “Wellington se suiker” Kannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998(wat veral fokus op die gesin se verblyf op Wellington) en maak in 2008 ’n keur uit al sy boeke in “Op ’n hoë noot”,Roux, Jaybee “Beeld” 15 Desember 2008 waarin ook uittreksels uit Nortje se jeugverhale verskyn.Van Lill, Dawid “Boeke Insig” No. 6, Somer 2009