Copán is 'n argeologiese vondsplek van die Voor-Colombiaanse Majabeskawing wat in die Copán-department in die weste van Honduras net oos van die grens tot Guatemala geleë is. Dit was die hoofstad van 'n koninkryk tydens die Klassieke tydperk vanaf die 5de tot die 9de eeu. Die stad is geleë in die uiterste suidooste van die Meso-Amerikaanse kulturele gebied, op die grens met die Isthmo-Colombiaanse kulturele gebied, en was amper omring deur nie-Majamense. In hierdie vrugbare vallei lê nou 'n stad met 'n bevolking van omstreeks 3000, 'n klein lughawe, en 'n kronkelpad. Die historiese naam van die stad is nog nie heeltemal duidelik nie. Copán is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

duimnael|links|Majahiëroglief van Copán duimnael|links|Kaart van die suidelike Majagebied, vertoon die ligging van Copán en Quiriguá duimnael|links|Ligging van Copán naby die Motagua-rivier, ten opsigte van Jade-bronne Copán was vir meer as twee duisend jaar bewoon, van die vroeë Voor-Klassieke tydperk tot die Ná-Klassiek. Die stad het 'n kenmerkende beeldhouwerk in die tradisie van die Laeveld-Maja ontwikkel, miskien om die Maja-etnisiteit van die stad se leiers te beklemtoon.

Die stad het 'n historiese rekord wat oor die grootste deel van die Klassieke tydperk streek en is in detail gerekonstrueer deur argeoloë en epigrafers. Copán was 'n kragtige stad en het 'n groot koninkryk in die suide van die Majagebied beheers. Die stad het 'n groot politieke ramp in 738 gely nadat Waxaklajuun Ub'aah K'awiil, een van die grootste konings in Copán se dinastiese geskiedenis, gevang en tereggestel is deur sy voormalige vasal, die koning van Quiriguá. Hierdie onverwagte nederlaag het gelei tot 'n 17-jaar lange gaping in die geskiedenis van die stad, waartydens die mag in Copán deur Quiriguá oorneem is. In die laat 8ste eeu is die stad laat vaar en het, soos die meeste ander Majastede in die diepte van die Yucatán-skiereiland, verval.

'n Groot gedeelte van die oostelike kant van die Akropolis is geërodeer deur die Río Copán, hoewel die rivier sedertdien herlei is om die terrein teen verdere skade te beskerm.

Leiers Verwysings na die voor-dinastiese heersers van Copán is in latere tekste gevind, maar geeneen van hierdie tekste dateer die heerstigting van Copán in 426 n.C. duimnael|links|upright|Tekening van "Stele D" deur Frederick Catherwood duimnael|Stele N aantoon K'ak' Yipyaj Chan K'awiil duimnael|links|upright|Stele H, soos in opdrag gegee deur Uaxaclajuun Ub'aah K'awiil duimnael|Altaar Q vertoon 16 konings in die dinastiese opvolging van Copán Naam (of bynaam) Regeer Dinastiese opvolging no. Alternatiewe nameK'inich Yax K'uk' Mo'426 – c. 4371Groot-Son Eerste Quetzal-arapapegaaiK'inich Popol Holc. 4372Groot-Sonnaam onbekendc. 4553Leier 3Ku Ixc. 4654K'altuun Hix, Tuun K'ab' Hixnaam onbekendc. 4765Leier 5Muyal Jolc. 4856Leier 6B'alam Nehn504–5447Jaguar spieël; Waterlelie-JaguarWil Ohl K'inich 532–5518Leier 8; Kop op aardeSak-Lu551–5539Leier 9Tzi-B'alam553–57810Maan-jaguarK'ak' Chan Yopaat 578–62811B'utz' Chan; Rokende slangChan Imix K'awiil628–69512Rokende Jaguar; Rokende ImixWaxaklajuun Ub'aah K'awiil695–7381318 haasAjaw K'ak' Joplaj Chan K'awiil738–74914Rokende aapAjaw K'ak' Yipyaj Chan K'awiil749–76315Rokende skulp; Rokende eekhoringYax Pasaj Chan Yopaat763–na 81016Yax PacUkit Took82217?–

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Honduras Kategorie:Maja Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Noord-Amerika