Die Faerie Glen-natuurreservaat in die ooste van Pretoria was deel van die plaas Hartbeespoort 304 wat aan mnr H.W. Struben behoort het. Op ou lugfoto's is dit duidelik sigbaar dat die vloedvlakte gebruik was as landerye en die res van die plaas vir beesweiding. Die reservaat is deel van die Bronberg-bewaringsgebied wat in 1980 verklaar is. Renosterkop (1 468 m) is geleë in die noorde van die reservaat.
Dierelewe Hoewel die kleiner soogdiere soos muishonde, krimpvarkies, hase, ystervarke, groototters, nagapies en kleinkolmuskeljaatkatte moeilik is om te sien, is daar wel tekens van hulle teenwoordigheid.
Fasiliteite en aktiwiteite Die reservaat het drie staproetes: Hadedaroete: 2,3 km Acaciaroete: 3,2 km Kiepersolroete: 4,2 km
Besoektye Somer (September - April): 06:00 - 18:00 Winter (Mei - Augustus): 06:00 - 18:00
Bron Faerie Glen Nature Reserve www.gauteng.net, Besoek op 24 Junie 2017
Verwysings
Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Gauteng Kategorie:Pretoria