duimnael|regs|280px|Die NG kerk op Utrecht is in 1893 deur ds. Andrew Murray ingewy, maar dis nie bekend wie die argitek was nie. Inskrywing oor die NG kerk Utrecht op Artefacts.co.za. duimnael|regs|320px|Die kerk van die kant gesien. Dié foto is in 1917 geneem.

Die NG gemeente Utrecht is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die provinsie en Sinode van KwaZulu-Natal. Met sy stigting op 19 November 1854 was Utrecht die 61ste gemeente van die Kerk en net die derde gemeente in die kolonie Natal. Ten tyde van sy honderdjarige bestaansviering in 1954, twee jaar nadat Utrecht en die ander gemeentes in die gelyknamige ring van die Transvaalse aan die Natalse Kerk oorgedra is, het Utrecht 'n ledetal van sowat 850 en 'n sieletal van 1 350 gehad. Sestig jaar later was die ledetal sowat 320 en die sieletal nagenoeg 450.

Die reisende gemeente na Port Natal Die huidige Sinode van KwaZulu-Natal is aan die begin van sy wordingsjare die "reisende gemeente van die Gereformeerde Kerk na Port Natal" genoem. Die derde trek van die Voortrekkers, of emigrante-boere soos hulle toe genoem is, wat in September 1836 van Graaff-Reinet op reis gegaan het onder leiding van Gerrit Maritz, was die indirekte grondleggers van die Natalse Kerk. Dié trekkers wou 'n eie Christelike staat stig en so ontkom aan die koloniale bewind in die Kaapkolonie se verengelsings- en gelykstellingsbeleid.

Die Kaapse Kerk kon dié trekkers nie van die gereelde bediening van die Woord en sakramente voorsien nie, veral omdat daar in die Kaapse kerk se wydverspreide gemeentes 'n skreiende tekort aan predikante was wat net deels verlig is deur die koms van 16 Skotse predikante van 1818 tot 1836. Die Kaapse Kerk het wel herhaalde pogings aangewend om van tyd tot tyd predikante na die Voortrekkers te stuur. 'n Sendeling van die Londense Sendinggenootskap, Erasmus Smit, getroud met 'n suster van Gerrit Maritz, het die trek vergesel. Smit was toe reeds 58 jaar oud en sy gesondheid was geknak, maar hy was die trekkers en hul kinders se geestelike leier. Al wou baie van die trekkers, veral die volgelinge van Andries Potgieter, hom nie as hul predikant erken nie omdat hy nie "georden" was nie, en gevolglik so lank die laer naby Thaba Nchu was, liewer die dienste van die Wesleyaanse sendeling en drukker South African History Online. James Archbell (1798–1866) Biografie van James Archbell op die webtuiste Dictionary of African Christian Biography. bygewoon het, was Smit nogtans getrou in die uitvoering van sy pligte. Hy het twee maal op Sondag, gewoonlik onder 'n bokseil, gepreek, katkisasie gehou en huwelike bevestig. Wanneer 'n kommando uitgestuur is om die vyand te ontmoet, is daar gereeld Woensdagaand 'n biduur gehou, terwyl die eerste Maandag in die maand afgesonder is om te bid vir die uitbreiding van die Christendom oor die hele aarde.

Op Thaba Nchu is op 8 Februarie 1837 die eerste voorlopige poging aangewend om 'n kerklike organisasie te bewerkstellig en is die eerste manne op 'n burgerlike vergadering daartoe benoem, naamlik J.S. Maritz tot ouderling en C. Viljoen en Sarel Cilliers tot diakens. Maar in April 1837 voeg Piet Retief hom by die trek en word hy spoedig ná sy aankoms verkies tot "Goewerneur en Hoofkommandant". Die reëling van kerklike sake was een van die eerste punte waaraan hy aandag gegee het, en die eerste stap daartoe was die benoeming van die eerw. Smit tot "leraar van die reisende gemeente". Op Sondag 23 April 1837 het die pas benoemde leraar sy "inwydingspredikasie" gehou, maar daar was beswaar dat hy sy bevestigingsformulier self sou lees. Die goewerneur het dit die beste geag om die bevestiging uit te stel en op Sondag 21 Mei 1837 is Smit deur 'n aanspraak van die goewerneur aan die gemeente voorgestel en daarna versoek om sy bevestigingsformulier self te lees en daarop te antwoord. Geen besware is geopeer nie, maar baie Voortrekkers het hulle van hom gedistansieer. Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. Eerw. Erasmus het dadelik sy amptelike status gebruik om sy Kerk en belydenis te handhaaf. So het hy, toe hy bemerk dat daar in die Ampseedformule wat Piet Retief op 6 Junie 1837 as goewerneur afgelê het geen melding gemaak is van die beskerming van die belydenis van die Kerk nie, het hy gevra dat die goewerneur op die volgende Sondag, 11 Junie 1837, ná die preek 'n verdere eed voor die gemeente aflê terwyl die goewerneur voor die preekstoel kniel, die linkerhand op die geopende Bybel hou en die vingers van die regterhand opgehef gedurende die aflê van die eed.

Eerste keer op Natalse bodem 160px|links|duimnael|Eerw. Erasmus Smit, eerste leraar van die "reisende gemeente van die Gereformeerde Kerk na Port Natal", is op Sondag 21 Mei 1837 bevestig toe hy self sy bevestigingsformulier moes voorlees en op die vrae moes antwoord wat hy daaruit gelees het.

Op 14 November 1837 is die trek oor die Drakensberge in Natal. Daar was tot dusver eintlik nog geen werklike kerklike organisasie nie, want eerw. Erasmus het eers op 3 Desember daardie jaar die eerste keer die woord "kerkraad" in sy dagboek genoem. Op daardie dag is die nuutverkose kerkraad deur hom plegtig voorgestel na die formulier van "Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk". Die ouderlinge was Francois Retief en Carel van der Merwe; die diakens Christiaan Liebenberg en Roelof Dreyer. 'n Dubbeltal name is aan die regering voorgelê waarna die broeders wat sou dien, deur die lot aangewys is. Die eintlike stigting van die NG Kerk in Natal deur die Voortrekkers het dus op 3 Desember 1837 plaasgevind. Die eerste kerkraadsvergadering is op die volgende Sondag gehou wat op versoek van die kerkraad deur die goewerneur as kommissaris politiek bygewoon is. Die Natalse Kerk was dus 'n staatskerk tydens die aanlê van die kolonie deur die Voortrekkers. Oberholster, dr. J.A.S. 1948. Jaarboek van die Gefedereerde Nederduitse Gereformeerde Kerke, 1949. Kaapstad: Jaarboek-kommissie van die Raad van die Kerke.

In Februarie 1838 het die bloedige moorde deur Dingaan se manskappe op die een ná die ander laer van die Voortrekkers in Natal plaasgevind: eers op 6 Februarie op Piet Retief en sy manskappe, daarna die laer van Bloukransrivier en Moordspruit op 16, 17 Februarie. Ná 'n latere aanval op Veglaer aan Boesmansrivier het is die laers verskuif na Klein Tugela (waar Maritz s'n gestaan het), waar op 28 Oktober 1838 die eerste Nagmaalsviering gedurende die trek gehou is.

Eerste gemeente gestig duimnael|regs|180px|Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg en konsulent van die vier ander gemeentes in die gebied waarin die Voortrekkers hulle gevestig het, te wete Weenen, Port Natal, Winburg en Potchefstroom.

Kommandant Piet Greyling het voor die aanval op Veglaer aan Boesmansrivier Natal dieper binnegetrek en waar hy hom aan die voet van die Stinkhoutbergrand (Boesmansrand) gaan vestig het, het hy 'n kolonieplaas aangelê wat volgens besluit van die raad op 23 Oktober 1838 as eerste dorpsplaas die naam Pietermaritzburg ontvang het.

Ná die oorwinning oor Dingaan in Desember daardie jaar het die laers in die loop van Januarie 1839 afgetrek na Pietermaritzburg en kon die emigrante-boere blykbaar onbelemmerd en rustig voortlewe. Die laer waarby Erasmus Smit was, het op 31 Januarie 1839 daar aangekom. Nog in dieselfde jaar het die Voortrekkers Port Natal ná regmatige verowering in besit geneem en die Republiek van Natal met Pietermaritzburg as hoofstad verklaar. Die vooruitsigte van gereelde bearbeiding van die swerwende en wydverspreide trekkers het feitlik nie bestaan tot die jaar 1839 nie toe die gemeente Pietermaritzburg op die eerste vaste woonplek van die Voortrekkers gestig is as die eerste gevestigde gemeente in Natal. Die georganiseerde reisende gemeente het hier gevestig geraak en eerw. Smit het sy amptelike werk voortgesit.

Eerste voltydse predikant in Natal Aan eerw. Smit is kort hierna 'n pensioen van £45 toegeken en hy het nog af en toe gehelp, maar aan die begin van 1840 is hy opgevolg deur ds. Daniel Lindley, predikant van die Presbiteriaanse Kerk in Noord-Amerika. Hy het sendingwerk in Suid-Afrika gedoen toe die Volksraad hom op 6 Januarie 1840 beroep as die eerste predikant van die gemeente in Natal. Hy het die kerkboeke daar aangelê en ook dié van die gemeentes wat kort ná 1841 in die Voortrekkerland tot stand gekom het.

Die Volksraad het sonder versuim die hele uitgestrekte gebied waaroor die Voortrekkers versprei was, in vyf gemeentes verdeel: Port Natal (wat later doodgeloop het en eers in 1913 herstig is as die gemeente Durban, Pietermaritzburg en Weenen aan die oostekant, en Winburg en Potchefstroom aan die westekant van die Drakensberge. Hierdie eerste Voortrekkerpredikant was die enigste vir die vyf gemeentes, elk met sy eie kerkraad. Dat sy werk ontsaglik groot was, word byvoorbeeld bewys deur die 248 kinders wat hy in 1841 op Pietermaritzburg gedoop het en die 244 in 1842. Op Winburg het hy 362 gedoop en op Potchefstroom, wat meer as 700 00 km van Port Natal af geleë is, 202 kinders. Ds. Lindley word tereg beskou as die stigter van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Natal (tans KwaZulu-Natal). Aanvanklik het die Volksraad hom besoldig met 'n traktement van £100 per jaar, met vrye inwoning. Ná die Engelse besetting moes die gemeente hom self onderhou en was sy salaris baie ongereeld. Van 1840 tot 1847 het ds. Lindley hom met hart en siel aan die Voortrekkers op Pietermaritzburg gewy, waar hy ook gewoon en van waar hy die ander gemeentes besoek het.

Eerste kerkgebou in Natal duimnael|links|295px|Die Geloftekerkie soos dit in 1910 gelyk het.

Die eerste kerkgebou in die Voortrekkergebied is op Pietermaritzburg opgerig as uitvloeisel van die plegtige gelofte van Sarel Cilliers op Danskraal op 9 Desember 1838 wat ná Dingaan se Zoeloemag op 16 Desember 1838 verslaan is, na vervulling geroep het. Dit was, volgens die kerkraad van die moedergemeente Pietermaritzburg in 1949 en ds. C.W.I. Pistorius, die leraar van 1946 tot 1948, nie die eintlike Geloftekerk nie omdat hulle dit as 'n tydelike geboutjie bedoel het wat later, sodra die nodige geld voorhande sou wees om die werklike Geloftekerk op te rig, in 'n pastorie omskep moes word. Thom, dr. H.B.. 1949. Die Geloftekerk en Ander Studies oor die Groot Trek. Kaapstad: Nasionale Pers, Beperk. Weens die Engelse anneksasie en die gevolglike vertrek van die meerderheid van die Voortrekkers uit Natal, het hierdie plan egter nooit werklikheid geword nie. Die kerkraad wou 'n sekere stuk grond in Pietermaritzburg, naamlik Langmarkstraat 33, wat die Volksraad oorspronklik vir die ware Geloftekerk opsy gesit het, ten einde dié gebou toe daarop te bou.

Voor die gemeente met die bou van 'n kerk kon begin, moes hulle eers heelwat voorbereidingswerk doen en veral die geld en materiaal ingesamel word. Vir 'n plek van aanbidding moes hulle dus eers tydelike reëlings tref. Pietermaritzburg het toe nog uit 'n klompie hartbeeshuisies bestaan en die Voortrekkers moes voorlopig in een van hulle bymekaarkom. Vroeg in 1839 was die lidmate reeds hard besig met hul insameling. Op 13 Mei het Jacobus Burger, Johannes Stephanus Maritz en Andries Pretorius in 'n gesamentlike brief aan vier predikante in die Kaapkolonie (di. Abraham Faure, T.J. Herold, G.W.A. van der Lingen en P.E. Faure) geskryf dat hulle geen oomblik laat verbygaan het nie, maar dadelik besig was "om lysten te vormeeren tot inteekening voor den God aller Goden voor wiens wonderlike bescherming een yder moet verstommen".